Foto: verskaf
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Spandeer jou winter in die wynlande: Donker rissie-sjokolade en ’n glas rooiwyn wag vir jou. So ook ’n kaggelvuur en ’n snoesige bed met ’n onbeperkte uitsig oor die wynlande. Vanaf 1 Julie tot 30 September 2018 gee die Lanzerac-wynlandgoed hul gaste die geleentheid om bederf te word met ’n spesiale aanbieding: die Winter Retreat Package.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Hierdie uitkloppakket bied ruim en elegante kameropsies (met ’n opsie om op te gradeer) wat gepaard gaan met ’n komplimentêre soet-vingerhappiebord. In hierdie pakket word ’n kontinentale of Engelse ontbyt ingesluit, asook ’n tuisgemaakte middagete by die Lanzerac Deli met ’n glas van die wynlandgoed se beroemde Pinotage.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Vakansiegangers sal ook die geleentheid gegun word om van die wynland se wyne, wat al verskeie toekennings verower het, te proe en verder ook die wynkelders te verken saam met ’n kundige gids. Met die hotel wat net op die buitewyke van Stellenbosch geleë is, kan die strate van dié geskiedenisryke dorpie ook gaan verken word.
Gaste kan hul propvol dag afsluit deur te ontspan met ’n gratis uur in die Lanzerac Spa vir ’n AromaVine™ Pinotage-massering.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die pakket is beskikbaar teen R6 500 per aand vir ’n paartjie. Vir verdere navrae, besoek die webtuiste lanzerac.co.za.
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.