kategorieë: Reis

Kuier in die Wildernis

Glenn Philips, SANParke se uitvoerende bestuurder van Toerisme en Bemarking het tydens die bekendstelling gesê die nuwe oes van besoekers wat SANParke wil lok, hou van die wildernis;  “Maar hulle wil meer doen as rondry in hul motors met die hoop om die Groot Vyf te sien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hulle wil buite in die veld wees en stap, fietsry, swem, roei, skatte op die strand soek, bergklim en onder die sterre eet. Hulle verwag meer as ’n rondawel, ’n skoon ablusieblok en ’n gemeenskaplike vuur. ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

By Wildernis sal al hierdie aktiwiteite deel van jou ervaring vorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dagbesoekers aan die Ebb and Flow-ruskamp by Wildernis biet reeds ’n meer opwindende ervaring, maar beplan nog meer.

Piekniek-tafels en braai-areas is op die grasperk langs die Touwrivier aangebring. Behalwe vir die netwerk van gewilde staproetes word ’n verskeidenheid ander aktiwiteite aangebied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Dit is goeie, skoon pret,” sê Segway Tours-bestuurder, Michael du Plessis. Jy kan op die Segways op die Bontvisvanger-roete rondrits.

Die park het ook kano’s te huur vir diegene wat op die rivier wil roei.

Die roei-ervaring tot by die strandmeer op ’n sonnige dag is ’n onvergeetlike ervaring. Die kinders is mal daaroor, veral as hulle die klein vissies in die water sien.

Nog ’n opsie om die natuurskoon te geniet, is om op die Touwrivier en eilandmeer te vaar met die safari-styl aluminium-boot. Roeier Mike Raubenheimer het die idee gekry toe hy ’n soortgelyke aanbod by die Vic Falls en Chobe gesien het. Hierdie magiese en rustige ervaring is nou ook by Wildernis beskikbaar.

“Die area vir dagbesoekers sal in die toekoms ontwikkel word om ’n middelpunt vir alle aktiwiteite te vorm,” sê Wildernis se gasvryheidsbestuurder, Grant Grootboom.

Ebb and Flow-ruskamp (tarentaal)

Wat jy moet weet

Die tarief vir dagbesoekers aan die Wilderness-afdeling van die Tuinroete Nasionale Park is tot 31 Oktober 2016 R34 per volwassene en R17 per kind vir Suid-Afrikaanse burgers en inwoners met ’n geldige identiteitsdokument. SADC burgers (met ’n paspoort) betaal R68 per volwassene en R34 per kind. Buitelandse besoekers betaal R112 per volwassene en R56 per kind.

Wilderness River Safari’s kos R150 per volwassene en R100 per kind. Vir navrae en besprekings skakel + 27-81-593-8973, + 27-82-440-9807 of + 27-44-882-1207 of stuur ’n e-pos aan info@tradingpost.co.za.

Segway Tours kos R300 tot R450 per persoon. Vir navrae en besprekings, skakel + 27-796-9964, of e-pos wilderness@segwayfun.co.za.

Kano-ritte kan nie vooraf bespreek word nie, maar navrae kan gerig word aan enquiries.wilderness@sanparks.org of + 27-44-877-1197. Die huidige tariewe is R60 vir ’n uur, R140 vir drie ure en R200 per dag (vir Maart-November. 9:00-15:00 en weer Desember-Februarie 8:00-16:00).

Ebb and Flow-ruskamp

Bron: SANParks Times. Besoek die webblad hier.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

24 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

54 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.