Windsor Kasteel is veel meer as net ’n kasteel en ’n huis. Dit is die verhoog waarop van die grootste name in die Britse geskiedenis hul mees kontroversiële dade beplan en uitgevoer het. Dit is die grootste kasteel ter wêreld en ook die een wat die langste bewoon is. Windsor het al tallose koninklike geboortes, sterftes en huwelike beleef en net soveel oorloë, besettings en gevegte.
Die reeks bevat aangrypende dramatiese rekonstruksies, intieme onderhoude en onthullende argiefmateriaal. Dit gee aan die kyker ’n blik op die werklike lewe van Brittanje se bekendste familie.
Dit is verfilm by Leeds kasteel in Kent en ontbloot die skandale, triomf en verraad van die familie. Windsor Castle is die uiteindelike simbool van koninklike mag, grootsheid en krag en dit lok miljoene toeriste. Maar weg van hul nuuskierige oë, bewaak die kasteelmure en -toring steeds die koninklike familie se diepste geheime …
Episodes
Episode 1: Tragedie en Triomf (1992-2016)
Gebeurtenisse rondom die verwoestende vuur van 1992, asook die koningin se 90ste verjaardag in 2016. Dit was ook die jaar waarin sy die Obama’s genooi het om haar gunstelinghuis te besoek.
Episode 2: Liefde en Oorlog (1936-1952)
Windsor was die veilige hawe vir prinses Elizabeth en haar suster Margaret tydens die Tweede Wêreldoorlog en ook die plek waar Elizabeth op Prins Philip verlief geraak het. Dit is ’n terugblik op die reeks gebeure wat die monargie gevorm het tussen 1936 en 1952, met dramatiese rekonstruksies en buitengewone argiefmateriaal op film. Edward VIII se abdikasie in 1936 het beteken dat sy broer Bertie koning George VI geword het, en sy oudste dogter Elizabeth, die daaropvolgende troonopvolger. Toe die oorlog uitbreek, het Elizabeth en Margaret in Windsor Kasteel geskuil. Dit is die plek wat Elizabeth liefhet weens sy geskiedenis en sy erfenis. Intussen was dit vir Margaret ’n groot avontuur-speelpark.
Episode 3: Gelukkige familie (1952-1972)
Toe die familie Windsor hul tuiste gemaak het, het Philip onrustig geword. Elizabeth het hom as veldwagter van Windsor Great Park aangestel, maar dit het net na meer probleme gelei. Intussen was Margaret lief vir partytjies en het die Koningin Moeder ’n skuldlas van £ 7 miljoen opgehoop. Die koerante het stories van buite-egtelike verhoudings begin publiseer. Die episode is ’n terugblik op die gebeure wat die monargie tussen 1952 en 1972 gevorm het en dit word uitgebeeld deur dramatiese rekonstruksies en argief-films.
Episode 4: Vier Egskeidings en ’n Vuur (1972-1992)
In 1972 het die Koningin haar 25ste huweliksherdenking gevier. Sy en die hele koninklike familie is by Windsor gefotografeer. Hulle het ontspanne en gelukkig gelyk. Twintig jaar later was drie van haar vier kinders geskei en haar geliefde huis is in ’ brand beskadig.
Die reeks begin op Vrydag, 7 Julie 2017 om 20:00 op ITV Choice.