Die handelsmerk glo dat velsorg holisties beskou moet word, en om werklik goeie resultate te kry, behels dit nie net jou velsorgprodukte nie, maar jou omgewing, jou dieet, jou geestesgesondheid en jou fisieke gesondheid.
Hul filosofie is dat nie alle natuurlike bestanddele goed is en alle sintetiese bestanddele sleg is nie; daarom gebruik hul reeks ‘n kombinasie van natuurlike- en laboratorium- bioaktiewe bestanddele wat ‘n vel herstel, ophelder en in stand hou. Dus bied hulle ’n produk aan wat nie net inklusief is, selfversorging bevorder en meer as net uiterlike skoonheid bied nie, maar ook verander hoe hul kliënte van binne en buite voel.
In die reeks vind jy ‘n skoonmaakmiddel, een afskilferaar/verfrisser, twee serums, ‘n bevogtiger, een masker en ‘n olie teen R280 tot R550. Hardwerkende bestanddele sluit in niasienamied, glikolsuur, retinol, borrie, en vitamien C – alles geformuleer om jou vel stralend te laat lyk.
Jy kan die handelsmerk koop via hul aanlyn winkel: www.yearnskin.co.za