Kry stres jou onder? deur Anet Schoeman. Hooffoto: PeopleImages/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
“Ek is só gestres”, het die wagwoord van ons modern samelewing geword. Tog is spanning gesond, want jou liggaam is ontwerp om dit tot jou voordeel in te span. As jy in gevaar is, stel jou liggaan adrenalien vry sodat jy vinniger kan weghardloop en sterker kan terugveg. Ook flinker dink.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Navorsing toon dat die werklike probleem nie spanning is nie, maar eerder dat ons nie meer genoeg tyd inreken om agterna weer te ontspan nie, sê Lesley-Anne Pedlar, ’n terapeut van Greenside. “Om onder druk te wees, laat ons vinniger en beter werk, maar as dit onbepaald aanhou sonder dat jy tyd kry om tot verhaal te kom, skep dit probleme.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die basiese dinge om na te kyk is:
Lees ook: Help! Ek kan nie slaap nie!
6 Slaapprobleme, 6 slaapoplossings
2. Eet jy gebalanseerde maaltye met genoeg van alles en veral vars vrugte en groente?
Lees ook: Kos vir jou hart
3. Let op jou kafeïen-inname. As jy soos ’n kettingroker tee of koffie drink, moet jy oorskakel na alternatiewe sonder kaffeïene. Tog kan jy kafeïen inspan om jou energievlakke op te stoot as jy lam en tam voel. Wees net verstandig vir te veel.
4. Kry jy genoeg oefening? Matige oefening gaan jou goed laat voel en ook lekker laat slaap. Maar obsessiewe oefening of baie intense oefening laatmiddag of aand is ook nie goed nie, want dit kan jou ook wakker hou.
Lees ook: Swem is uitstekende oefening
Is jy te oud om te begin oefen?
Mense wat baie gedrewe persoonlikhede het, sukkel gewoonlik om af te skakel en iets sonder ’n agenda te doen. Hulle bly die hele tyd gefokus. Dan kan selfs aktiwiteite wat jy oëskynlik vir ontspanning doen; soos hardloop of skaak speel, ’n uiters kompeterende tydverdryf word.
Lees ook: Toets jou persoonlikheid: Is jy stresgevoelig of stresbestand?
Goeie oefening: As jy rustig gaan hardloop en jou omgewing en beweging geniet.
Kompeterende oefening: Jy hardloop saam met ’n groep mense en is gedurig in kompetisie om jou beste te lewer. As jy reeds ’n spanningvolle dag gehad het en die oefening doen om te ontspan gaan dit nie daardie doel dien nie.
Wat kan jy doen om ’n gesonde breinpatroon te skep?
Lees ook: 7 maniere om werklik te ontspan
Lesley stel voor dat jy drie tot vier geleenthede vir herstel van tien minute elk in jou dag inwerk. Dit kan enigiets wees van ’n stappie in die tuin (waar jy bewustelik die omgewing geniet en beleef), strelende musiek op jou oorfone as jy in die kantoor is, tot ’n stortritueel waar jy dink hoe die water die probleme en spanning van die dag een vir een wegspoel soos jy hul by die naam noem.
Lees ook: 5 maklike maniere om spanning te verminder
Die belangrike ding is dat jy dit ’n bewustelike ritueel maak waar jy op die oomblik en die ervaring gefokus is. Dit help nie jy loop in die tuin en begin onkruid uittrek, dink watter plant jy wil snoei of wonder wanneer laas jy die rose gespuit het nie. Dit moet “loshande”-tyd wees waar jy aan niks anders dink nie. Voel die rustigheid, sien die blomme en hoor die voëls.
As jy hierdie ritueel (soos bv. die stort) elke dag volg, word dit ’n gewoonte wat jy kan volhou. Onthou, dis menslike natuur om altyd na die bekende terug te keer. Jy moet lank genoeg met ’n nuwe gewoonte volhou sodat dit instinktief word.
Lees ook: Maak vriende met stres
Moenie wag dat spanning soos ’n berg opbou en dink jy gaan dit oor die naweek aanspreek nie. Of die vakansie lekker ontspan nie. Die geheim om spanning suksesvol te hanteer is om dit so gou as moontlik na ’n stresvolle vergadering of dag te hanteer. Haal diep asem, visualiseer ’n rustige toneel, mediteer of doen ontspannende oefening soos joga en pilates wat jou in die oomblik hou sonder om jou te veel te laat fokus.
Om in trane uit te bars het sy plek as ontlading, maar dit is die mees basies manier om emosies te hanteer en bied geen oplossing nie. Om jou emosies in woorde uit te druk, het veel meer voordele omdat jy dit dan kan verwerk eerder as net daarop reageer.
Lees ook: 10 wenke teen stres wat werk
Stres minder: Kyk na dié 6 denkpatrone
Jou prefrontale korteks is jou sentrum vir besluitneming, fokus, impulsbeheer en beheer van emosies. Volgens sielkundiges kan jy hierdie sentrum net vir ’n paar uur per dag effektief gebruik. As jy dus die hele tyd op hierdie sentrum moet staat maak om jou emosies te beheer, is dit baie uitputtend en ly fokus en besluitneming daaronder.
Probeer die druk op jou prefontale korteks oorskuif na jou emosionele brein deur in woorde uit te druk watter emosies jy ervaar. As jy so oorweldig deur emosies voel dat jy nie kop of stert kan uitmaak wat jy voel of moet doen nie, is dit ’n goeie idee om ’n joernaal te hou en jou emosies neer te skryf. Op dié manier kry jy helderheid en besef dalk dat die grootste stres deur ’n ander emosie veroorsaak word as wat jy dink. Dalk is dit skaamte omdat jy jou plig versuim het eerder as die werklik spanning van werksdruk wat jou pla. As jy weet wat jou stres-sneller, is dit makliker om dit aan te spreek. Dis ook makliker om dit te verwerk as jy dit kan identifiseer.
Deur met nuwe oë na spanning te kyk, kan jy dit inspan om jou vriend eerder as jou geswore vyand te wees.
Lees ook: Die gevare van chroniese hoë stresvlakke
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.