Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hooffoto: Julie Gustavo Fring vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1. Snoei rose teen einde Julie of begin Augustus en behandel die oop lote om dit teen insekte en fungus te beskerm. Gee die plante roosvoeding, vul die deklaag om die plante aan en gee dit weekliks soggens water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Beskerm tenger plante teen ryp.

3. Maak die tuin vroegoggend nat om die grond kans te gee om uit te droog voor dit donker en koud word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

4. Plant winterblomme vir kleur. Pluk gereeld van die blomme en knyp die dooie blomme af sodat dit langer blom.

5. Maak winter- en lentebolle gereeld nat.

6. Trek bossies uit.

7. Doen nou dinge waarvoor jy nie altyd tyd het nie, soos om jou tuingereedskap reg en skerp te maak, paadjies uit te lê of ’n spesiale hoekie in te rig.

Blom van die maand

Julie het twee blomme, naamlik die ridderspoor en die waterlelie.

Ridderspoor

Die ridderspoor is in verskeie ryk kleure te kry. Pienk ridderspore simboliseer wispelturigheid en wit verteenwoordig geluk, maar oor die algemeen beteken ridderspore positiwiteit en liefde.

Volgens die Griekse mitologie het dit geblom waar Ajax se bloed gevloei het tydens die Trojaanse oorlog.

Die ridderspoor hou glo slange weg en help teen skerpioensteke. In Engeland het mense die blomme in hul badwater gegooi om hulle teen spoke en towery te beskerm. Inheemse Amerikaners gebruik die blomme vir kleurstof.

Waterlelie

Die waterlelie simboliseer reinheid en wedergeboorte. Die blomme hou net ’n paar dae voor hulle onder die water verdwyn, wat dit nog spesialer maak.

Foto: Diego Madrigal vir Pexels

Hooffoto: Julie Gustavo Fring vir Pexels

Lees ook: Maak self kweekglasies om plante uit te stal of as geskenke

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

5 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

5 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

5 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.