kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Kry só jou tuin reg in Augustus

Kry só jou tuin reg in Augustus. Deur Christia Swanepoel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Roei al wat ‘n bossie is uit en kry die beddings reg met ruim kompostoediening. Moet dit nie inspit nie, maar los dit bo-op die grond. Dit onderdruk die groei van bossies, verskaf voeding en dien ook as ‘n deklaag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Knip die dooie takke van struike af en snoei struike, rankplante en heinings wat klaar geblom het of laatsomer gaan blom. Snoei rypsensitiewe plante liefs teen die einde van die maand.

Sny die grasperk kort, hark die ou dooie lote uit, druk gate met ‘n tuinvurk om lug, kos en water by die wortels uit te kry en voed dit met ‘n grasperkkunsmis.

As jy nog nie jou rose gesnoei het nie, doen dit vroeg in Augustus, dien 3:1:5-bemesting toe, gee dit ‘n goeie deklaag en maak dit goed nat.

Verdeel meerjariges soos agapante nou as jy dit nie in die herfs gedoen het nie.

Plante het nou weer meer water nodig. ‘n Deklaag rondom plante is belangrik om vog te behou. Boombas, neutdoppe en perskepitte is goeie keuses.

Voed winterblomme wat nog blom met ‘n vloeibare kunsmis, knip dooie blomme af en haal plantjies uit wat klaar geblom het.

Teen die einde van die maand is bolle wat in die somer blom op die rakke. Plant dit dadelik vir ‘n somerkleurspel. Voed lentebolle wat klaar geblom het met ‘n organiese 3:1:5-kunsmis vir die volgende seisoen. Behou die blare, want die plante het dit vir die ontwikkelende bolle nodig.

Hooffoto: Ketut Subiyanto vir Pexels

Lees nog: Hoe om self kruie te kweek

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

10 minutes Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.