Karlien Bob hare
Deur Corné Greeff & Suzanne Kotzé. Hooffoto: Karlien van Jaarsveld
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Kyk net hoe mooi lyk Karlien van Jaarsveld met haar korter, donkerder hare en Rolene Strauss met haar donkerder lokke!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jy het dalk al gesien op sosiale media dat laasmaand se voorbladvrou, Karlien van Jaarsveld haar lang lokke verruil het vir ’n korter styl. Sy het ook intussen haar ligte, blonde hare verander na ’n donkerder blond toe.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Toevalig het Karlien vir Rolene raakgeloop by Gary Rom. Ons het gaan inloer by Karlien en Rolene se haarstilis Freya vir ’n paar wenke oor hoe jy Karlien se voorkoms kan kry asook by Rolene self om te hoor hoekom sy besluit het om haar hare ook donkerder te kleur.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Voor:
Foto: Leana Clunies-Ross
Na:
Foto: Verskaf deur Karlien van Jaarsveld
Wat moet jy in ag neem voordat jy jou hare korter sny of ’n drastiese verandering aanbring?
Daar is ’n paar belangrike faktore wat jy in ag moet neem:
Watter tipe kleure gebruik julle gewoontlik as julle Karlien se hare kleur?
In die verlede het Karlien van ’n blonder voorkoms gehou, maar sy gaan nou deur ’n stadium waar sy ’n meer natuurlike voorkoms soek met minder instandhouding. Karlien is altyd “in” met die nuutste tendense en modes en hierdie spesifieke kleur is nou hoogmode.
Wat is Karlien se gunsteling haarprodukte?
Sy is baie lief vir die Gary Rom Silk Force Progressive Treatment (R1470), want dit hou haar hare in ’n goeie toestand, omdat sy haar hare kleur en dit baie blaas, krultange en haarysters gebruik.
Wat is jou beste haarsorgwenke vir mense met ligter/blonde hare?
Kry ’n salonbehandeling nadat jy dit gekleur het en doen tuisbehandelings (soos maskers) tussen jou salonbesoeke.
Vir watter gesigvorm pas die bob-styl die beste?
Die bob is ’n baie veelsydige styl, wat aangepas kan word om by meeste gesigvorms te pas. Vra gerus jou stilis se raad. As jy ’n vierkantige gesigvorm het, moet die lengte nie dieselfde vorm as jou kakebeen volg nie, en sekere bob-style kan ’n ronde gesigvorm nog ronder laat lyk.
Hoekom het julle besluit dit is tyd om korter te gaan?
Die bob-styl in verskillende lengtes is nou hoogmode. Die lengte wat Karlien gekies het is veelsydig: Dit kan “edgy” wees of sy kan dit deftiger laat lyk.
Wat doen jy indien jy jou hare korter laat sny het en besef jy het ’n fout gemaak?
As dit nie te kort is nie dan kan jy haarverlengings insit om dit weer lengte te gee. As jy sukkel om dit te hanteer jy kan jou stilis vra om vir jou mooi te help sodat jy presies weet hoe jy te werk moet gaan en hoe jy na jou verlengingstukke moet kyk sodat dit altyd mooi en natuurlik lyk.
Haarverlengings kan goed werk. Vra jou stilis hoe om die verlengings te hanteer, stileer en hoe jy die beste daarna kan kyk.
Wat is jou stileerwenk vir bobs?
Natuurlike hare is nou in die mode. Gebruik of ’n GHD Soft Curl Tong (R2399) of GHD Creative Curl Wand (R2399) om tekstuur in jou hare te kry en dan gebruik jy iets vir tekstuur soos die Schwarzkopf Salt Spray (R320) om dit daardie golwe te gee wat lyk of jy sopas see toe was.
“Met die seisoenverandering en winter wat oppad is, is daar altyd ’n goeie verskoning vir ’n verandering! Ek geniet die donker hare, dit lyk weer soos dit gelyk het toe ek Mej. SA en Mej. Wêreld gewen het.”
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.