kategorieë: TrendsMode

Kry ’n voorsmakie van Studio.W se 2017-somerreeks

Warmer weer is op pad en ons kan binnekort vrolike somergiere omhels. Woolworths se Studio.W-somerreeks vir 2017 bied ’n parmantige, inspirerende en moeitelose stedelike voorkoms aan wat werk én speel pret sal maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Phillippa Elson, senior vrouedragontwerper vir Studio.W, sê dat vanjaar se Lente/Somerversameling ’n kombinasie van hulle klassieke stapels waarvoor Studio.W bekend is bevat, asook items wat jou op die hoogte van huidige modegiere sal hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die somerversameling is gesofistikeerd en pas perfek by die Suid-Afrikaanse vrou se selfvertroue, by die vrou wat modegiere waardeer sonder om ingeperk te wees deur die grense van hoofstroommode. Philippa verduidelik dat “die paring van vroulikheid en ontspanningsdrag maak hierdie Studio.W-versameling relevant en draagbaar – dis gemaklike stedelike mode.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

’n Ontspanne sportiwiteit is duidelik te siene in sleutelelemente van die versameling. Daar is ritsdetails, sportiewe rib-afwerkings, en aktiewe-drag toevoegings wat so goed pas by die huidige “athleisure“-voorkoms. Terselfdertyd word vroulikheid en argitektuur verken in ’n skoon en gesofistikeerde styl. Asimmetriese patrone kom voor in die rokke, rompe en hemde wat uit popelien gemaak is en wat blinkertjie-versierings bevat. Moue word beklemtoon: dit sluit die klassieke valletjiesmoue in tot ’n meer gestruktureerde ballonmou wat gereeld saam met metaalkleure en borduurwerk gesien word.

Die Studio.W 2017 somer-versameling is einde Augustus 2017 beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Maak gereed vir Tertius en Tracy se ‘Binnelanders’-bruilof!

Stof jou dansskoene af vir ’n spoggerige geleentheid! Binnelanders se geliefde paartjie, dr. Tertius Jonker…

19 hours Gelede

Mexikaanse worsslaai

Wors 1. Sit ’n groot rol boerewors in ’n knyprooster en braai oor matige kole…

21 hours Gelede

11 gesondheidsondersoeke wat vroue moet doen

Deur Kay Bissett   Maak seker jy dek die basiese met die volgende ondersoeke:  …

23 hours Gelede

Eerstejaar? 5 suksesgeheime

Hoekom dop studente? Of eintlik belangriker: wat laat hulle slaag? Genoeg breinselle en baie ure…

2 days Gelede

Beste, maklikste sjokoladekoek!

Beste, maklikste sjokoladekoek!     Maak 1 groot of 2 middelslagkoeke   Bestanddele   500…

2 days Gelede

Pistasieneut-en-bosbessie-nougat

Genoeg vir 5 stafies.   Bestanddele   2 velle ryspapier 125 ml (½ k) heuning…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.