“Ons het ’n spiergroep genaamd die Platysmal-bande wat die buitenste vellaag en vet styf teen die onderliggende nekstrukture moet hou. Dit is die spiere en die vet wat net onder die vel geleë is wat die vel moet steun en wat dun raak as ons ouer word,” verduidelik dr. Alek Nikolic, ’n estetiese mediese praktisyn en stigterslid van die SA Allergan Medical Aesthetics Academy.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Besoek www.skinmiles.com en www.dralek.co.za.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die vel op jou nek en decollete (van jou nek tot bo jou borste), is dun met ’n baie klein vetterige ondersteuning en verouderingsveranderinge sluit in ’n verlies van kollageen en elastien, verhoogde deurbloeding (are) en pigmentasie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Nog iets wat jou nek kan tref as jy ouer word, is “Tech nek”. Daar word vermoed dat die konstante vorentoe buiging van die nek as jy jou skootrekenaar, tablet of slimfoon gebruik, die nekvel en onderliggende ondersteuningstrukture oor lang tydperke oormatig strek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }“Dit lei tot vinniger veroudering en by jonger pasiënte kry jy nek-voue of plooie. Beide die nek en die decollete sal verouderingsveranderinge toon as die vel daaraan blootgestel word,” sê Nikolic.
Die beste tuisversorging is om jou vel teen die skadelike strale van die son te beskerm. Wend sondbrandmiddel met ’n hoë beskermingsfaktor aan die gesig en nek. As jy velsorgprodukte vir jou nek en die decollete koop, kies dié wat ryk is in antioksidante soos vitamien C. Kies ook bestanddele wat selgroei bevorder soos vitamien A of retinol. Dit sal jou nekvel gesonder laat lyk en voel en pigmentasie verwyder, fyn lyne verminder, hidrasie verhoog, kollageen stimuleer asook elastien-produksie verhoog.
Ons het vier van die beste nek- en decollete anti-verouderingsprodukte getoets:
• Clarins Restorative Neckline and Neck Concentrate (R1 100), bevorder ’n meer jeugdige vel en bied ’n elegante voorkoms op die kwesbare decollete en nek by vroue oor 45. Hierdie nie-olierige konsentraat verhoog die kwaliteit en tekstuur van die vel.
• Gatineau Defi-lift 3D (R950), stimuleer elastisiteit en vermy die kreukel-voorkoms van ’n verouderde nek, keel en decollete.
• PREVAGE Anti-aging Neck and Décolleté Firm & Repair Cream (R1045), bestaan uit ’n luukse formule met gevorderde idebenone-tegnologie en bevat ’n proteïen-herstelkompleks wat die droë, sensitiewe en kwesbare vel in die nek en decollete beskerm.
• skinPhD Neck Firming Cream (R420), ’n wetenskaplik gevorderde Biomimetiese peptied en ultra-suiwer uittreksel uit alge help om die natuurlike produksie van kollageen te stimuleer.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Lewer sowat 9 kranse Bestanddele 100 g (160 ml) koekmeel 175 ml water…
Genoeg vir 4. Bestanddele 6 aartappels, in wiggies gesny sout en gemaalde swartpeper…
Genoeg vir 4. Bestanddele 500 g vars pasta, soos tagliatelle of spaghetti 250 ml…
Om jou hond se ore skoon te maak is ’n noodsaaklike deel van sy basiese…
Hierdie webwerf gebruik koekies.