kategorieë: Skoonheid

Bederf jouself met Die Rooi Boks – vol van ons gunsteling skoonheidsprodukte!

Die splinternuwe Rooi Boks is ’n manier om jou nuwe gunsteling te ontdek. Met soveel produkte op die mark, is dit moeilik om te besluit wat die moeite (en geld) werd is, daarom maak ons maak dit vir jou makliker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ons skoonheidsredakteur het elke produk getoets en spesiaal gekies vir hierdie boks – ideaal om as ’n geskenk te gee, of om jouself mee te bederf!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Met ’n waarde van R2 000, is dit joune vir slegs R599. Nou beskikbaar op www.hmshop.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

In die boks:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lulu & Marula Energising Body Balm 100g

’n Wonderlike lyfsalf wat ideaal is vir droë vel. Maroela-olie, mangobotter en klapperolie sorg vir voeding terwyl wonderlike vars geure soos lemoen, sitroengras en bergamot help om jou gemoed onmiddelik te lig.

Lulu & Marula Nourishing Facial Kit

Dié stel sluit die volgende in:

Balancing Face Cleansing Balm 50g – om te balanseer

Nourishing Face Mask & Polish 35g – om te vernuwe

Refreshing Face Tonic Mist 50ml – om te verfris

Nourishing Face Treatment Oil 10ml – om te voed

Gatineau Limited Edition Radiance Enhancing Gommage 15ml

Ideaal vir sensitiewe vel wat verstopte porieë en growwe tekstuur ervaar. Glikolsuur, melksuur, vitamien C en hialuronsuur werk om die beurt om jou glans te herstel en van dooie selle ontslae te raak sonder dat jou vel uitdroog. Die unieke salf-tot-olie tekstuur voel strelend en gemaklik, en kan ook gebruik word as ’n masker.

Nuxe Prodigieux Floral Le Parfum 15ml

Dié ikoniese handelsmerk is bekend vir hulle Prodigieux-parfuum wat afkomstig is van die legendariese Huile Prodigieuse-reeks. Die Floral-weergawe spog met topnote van suurlemoen, bergamot en pomelo wat sorg vir varsheid, soeter middelnote van lemoenbloeisel en magnolia, en basisnote van muskus wat die parfuum warm en vroulik maak – perfek vir die somer!

Simply Bee Body Butter 250ml

Hierdie ryk en lieflike lyfroom is propvol bestanddele wat sonder twyfel jou vel hierdie somer (asook regdeur die jaar) sal voed en streel. Byewas, essensiële olies, propolis en galambotter gaan hand-aan-hand om luukse hidrasie vir alle veltipes te verskaf.

PRAI Throat & Decolletage Creme 10ml

Dié handelsmerk se nommer een verkoper belowe om jou nek en bors-area binne slegs 7 dae jonger te laat voorkom. Klink te goed om waar te wees? Wel nou kan jy self uitvind. Gevorderde tegnologie help om jou kollageen-produksie ’n stewige hupstoot te gee, met die ekstra hulp van bestanddele soos hialuronsuur, galambotter, squalane, vitamiene A, E en F, en PRAI-ekstrak.

Met ekstra bederfies:

Mercedes Benz Woman Fragrance Sample

Om ’n volgrootte parfuum te koop is nie net duur nie, maar ook iewat skrikwekkend. Wat as jy dit ten duurste koop en na ’n paar ure se dra hou jy eintlik glad nie daarvan nie? Dis hoekom parfuum-monsters so nuttig is. Hierdie een is ’n blommegeur met note van vanielje, peer, jasmyn, lemoenbloeisel en sandelhout. Dis sag en vroulik, en kan dalk net jou volgende aankoop wees.

’n Spesiale afslagkode van straal

Straal is ’n aanlyn-skoonheidswinkel in Suid-Afrika wat luukse, skoon en sjiek produkte aanhou en verkoop. Produkte sluit internationale en plaaslike handelsmerke in, soos Ere Perez, Salt & Stone, lelive, CLE Cosmetics, DedCool, Weleda, Beaut en vele meer.

Bonus geskenk vir die eerste 90 kopers:

Glasshouse Fragrances Candle 60g

Glasshouse se sojakerse is gemaak met ’n natuurlike loodvrye katoenpit, kom in ’n mooi glashouer en ruik heerlik! Die eerste 90 kopers sal elkeen ’n unieke somergeur ontvang.

Kry joune nou, teen slegs R599!

Lees ook: Die 8 grootste foute wat jy kan maak as jou vel sensitief is

Deel
Gepubliseer deur
Leandri de Kock

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.