kategorieë: Skoonheid

Kry jouself gereed vir jou troudag

Vel

’n Gloeiende en egalige gelaat op die dag van jou troue is belangrik. Ek het seker gemaak dat ek vir ’n reeks gesigbehandelinge ’n paar weke voor die troue gegaan het. Onthou om minstens 2 weke voor die troue nie vir intensiewe gesigbehandelings te gaan nie. Dit gee genoeg tyd vir jou vel om te herstel voor die troudag. Ek gebruik 3 keer per week Nimue Enzyme Exfoliator om van dooie velletjies onstlae te raak. Onthou om daagliks genoeg water te drink om jou vel gehidreer te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Naels

Ek hou van helder kleure op my naels, maar vir die troue sal ek eerder ’n ligte pienk op my hande en toonnaels dra – dit sal nie te veel aandag van die rok aftrek nie. In hierdie geval dink ek beslis “minder is meer”. Ek sal die dag voor die troue vir ’n Gelish manikuur en pedikuur gaan om seker te maak my naels lyk teen die volgende dag nog perfek!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fyngeur

Kies ’n geur waarvan jy hou soos ’n ou gunsteling of nuwe geur naby aan ’n parfuum wat jy gewoonlik sou dra. Ek het Valentino Valentina Acqua Floreale EDT gekies omdat dit vars en verfrissend is. Ek hou veral van die kontrasterende note van vars bermagot en blomgeure soos jasmyn en tuberoos – die botteltjie is boonop te pragtig!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vals wimpers

Ek dra elke dag vals wimpers, maar sal vir my troue beslis my vals wimpers professioneel laat doen, dan hoef ek nie oor my wimpers te bekommer vir die wittebrood nie, omdat hierdie lank sal aanbly. Besoek gerus: Urban Lash & Tan of Eyecandy Brows.

Lyf

Om daardie laaste paar cm te verloor het ek 3 weke voor die troue vir i-Lipo behandelings gegaan. Dit is ’n laser-behandeling wat vetselle dreineer met behulp van die limfsisteem. Gedurende die behandeling word daar vier klein laser-apparate op die probleemarea vir 10 minute geplaas. Lae vlakke van die laser word dan deur hierdie apparate op jou vel vrygelaat en verbreek sodoende die vetselle. Ek het op my bobene gefokus (dit is nog altyd vir my ’n probleemarea), en ek is baie beïndruk met die resultate. My broeke sit al baie losser en my noupassende trourok sal ook mooier sit! Dit is belangrik om saam met die behandeling te oefen asook om ’n gesonde eetplan te volg. Vir meer inligting besoek www.chromogenex.co.za om ’n kliniek in jou area te vind. Op die dag sal ek gebruik maak van OFRA Cosmetics RCK Red Carpet Colour wat my vel ’n ongelooflike natuurlike glans gee en my verseker soos ’n Hollywood-ster op die rooi tapyt sal laat glinster.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Grimering

Vir my lippe stel Rose Bruins, die grimeerkunstenaar wat my grimering gaan doen, die volgende voor: Essence Nude Lip Liner in Nude Coral en MAC Oyster Girl Lipgloss bo oor. Dit is ’n ligpienk skakering wat die donker oë grimering goed komplimenteer. Rose maak ook gebruik van MAC Studio Fix Powder in NC35 om te keer dat my gesigvel nie te veel gaan blink nie, veral op die foto’s. Vir groot, helder oë maak ek van die YSL Touché éclat onder my oë gebruik om daardie ongewenste donker kringe te vermy. Ek sal ook laastens Clarins Fix’ Make-Up Refreshing Mist Long-Lasting Hold gebruik en oor my gesig sproei voor ek by die deur uitstap. Dit sal verseker dat my grimering langer aanbly.

Hare

Dit is belangrik om nie van goeie haarsorg te vergeet nie. Ek gebruik twee keer per week ’n haarmasker en hou veral van Wella Systems Professionals Hydrate Mask om seker te maak my hare bly bevogtig en gesond. Maak seker dat jy enige haarkleur en haarsny afsprake minstens 2 weke voor die groot dag reël. Johanni Nel van Supernova wat my hare vir die groot dag gaan doen hou veral van Revlon Flex Pump action hairspray omdat dit maklik uitkam en geen vlokkies in die hare agterlaat nie. Laastens sal ek oor my sagte golwe Paul Mitchell Awapuhi Wild Ginger Shine Spray spuit vir daardie ekstra bietjie glans!

5 Moet-hê items in my grimeersakkie

  • Ek gebruik graag Revlon Colorstay oogomlyner omdat dit lank aanbly. Ek sal dit in my sakkie hou ingeval ek weer ’n vinnige strepie moet trek. (Ek hoop nie ek huil te veel nie!)
  • Deur die loop van die aand sal ek gebruik maak van Palladio Rice Paper Oil-Absorbing Blotting Tissues. Rose Bruins het voorgestel ek hou hul naby om seker te maak dat my vel nie te veel blink nie. Hierdie is ’n briljante uitvindsel en ek hoef myself nie te bekommer om poeier op my rok te mors nie.
  • Rose het voorgestel dat ek ’n blosser in my grimeersakkie byderhand hou om deur die loop van die aand daardie glans op my wange elke nou en dan op te kikker. Ek is veral lief vir Bourjois Paris Blush in 03 Brun Cuivré. Hierdie blosser ruik so heerlik!
  • Vir my lippe gedurende die aand gebruik ek graag Clinique se Chubby Stick in Mighty Mimosa. Dit is ’n subtiele pienk. Die Chubby Stick sal perfek werk, omdat dit bevogtigend is, ’n mooi kleur sal gee en ook nie so taai soos ’n lipglans aan my lippe sit nie – veral wanneer ek al die gaste moet soengroet!
  • Ek sal hierdie pragtige Crabtree & Evelyn Evelyn Rose Solid Perfume ook in die sakkie hou. Dit is kleiner as om ’n hele botteltjie parfuum rond te dra en dit ruik besonders!
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Is jy dalk uitgebrand? Toets jouself

Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…

15 hours Gelede

6 oefeninge wat snork stop sit

Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…

15 hours Gelede

5 dekorflaters om te vermy

Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…

16 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met André de Villiers oor nuwe seisoen van ‘4×4 Met André’

Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…

16 hours Gelede

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

18 hours Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.