Dink aan al die skakerings van mos in die natuur: van die helderder geelgroen kleure en kakiegroen tot donker, byna dennegroen. Dié kleur word ‘mosgroen’ genoem en is perfek vir die luukse, stedelike styl met sy weelderige materiale.
Wie lyk goed in mosgroen?
Mode
Groen is gemaak vir die rooikoppe. Die kontras tussen rooi en groen sal die ander koppe laat draai.
Grimering
Mosgroen-oogskadu is ’n wenner by ligbruin oë, veral wanneer die voorkoms met skakerings van donkerbruin en goud afgerond word.