kategorieë: DieetGesondheid

Kry die lyf!

Die Banting-dieet het seën uit ’n onverwagte bron gekry: die Amerikaanse Dieetkundige Vereniging. Hul jongste beleidstandpunt is dat dit onnodig is om vet te beperk. Ja, jy kan maar vet eet!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar wat as jy nog daardie laaste 10 tot 12 kilogram moet afskud? Moet jy die Banting-dieet volg?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Soos altyd is die antwoord steeds nie sommer net ja nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Selfs prof. Tim Noakes sê Banting is bedoel vir mense wat maklik vet word van koolhidrate, soos brood, pap, rys en aartappels.

Die denkrigting is al meer dat gesondheid ’n individuele ding is. Wat vir die een werk, werk nie noodwendig vir die ander nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

As jy op die gewone gebalanseerde eetpatroon met stysel oorgewig bly, is dit tyd om die Banting-dieet te probeer.

Watter dieet is vir jou?

• Kies die gebalanseerde dieet as jy maklik gewig verloor as jy stysels sny tot 5-8 porsies pap, brood, aartappels, rys, groente en vrugte per dag.
• Kies die Banting-dieet as jy op 5-8 porsies stysel nie gewig verloor nie.

Wat moet jy in ag neem?

As diabetes volop in jou familie is en jy maklik gewig aansit, veral rondom jou middel, toets of Banting vir jou werk. As jy die Banting-dieet volg en baie mense in jou familie, en jyself, met jou hart en/of cholesterol sukkel of beroerte dik loop, toets jou lipiedprofiel (al jou cholesteroltellings) gereeld.

Kies jou vette met insig

Ja, jy kan vette voluit geniet. Maar die soort vette bly omstrede. Daar is drie sienings:

• Dierevette is oukei Een groep navorsers sê dierevette – daardie kaiinkie, maar ook spek, room en botter – is oukei, omdat dit jou gou versadig en jy eintlik min gaan eet. Volgens hulle kan jy maar van alle vette eet. Die meeste beveel aan dat jy veral vet vis insluit, asook olyfolie en avokado-olie. Maar onthou: as jy die vet van vleis wil eet, móét jy min daarvan eet.

• Hou by plant- en visvette Volgens ’n tweede hoofstroomdenkrigting is plant- en visvette gesonder. Daarom moet jy liewer plantvette en vet vis eet. Hulle beveel aan dat jy hou by olyfolie, sagte margarien met omega-3-vetsure, kanola-olie, avokado-olie en vet vis soos salm en sardiens.

• Gebruik plant- en visvette maar sit melkvette by. ’n Groeiende groep sê daar is baie sterk bewyse dat mense wat room en botter eet minder diabetes en hartsiektes kry as mense wat dit uitsny. Hulle glo jy moet net die vet aan vleis weglaat. Jy geniet dus olyfolie, kanola, avokado’s, neute, sardiens en salm, saam met room en botter. Maar die vetjies aan ’n tjoppie en die velletjie van ’n hoenderboudjie bly iets wat jy net soms eet.

Waaroor al die kenners saamstem

• Los die gehidrogeneerde vette.
• Vermy gehidrogeneerde vette (harde margarien) so ver as wat jy kan. Jy kry hulle veral in supermarkitems wat in sakkies en pakkies verpak is, soos in souspoeiers, lekkers en klaarbereide kos.
• Eet vet net tot jy versadig is. Ware Banters vergryp hulle nie aan vet nie, al eet hulle meer vet as ander mense. Hulle laat hulle deur hul eetlus lei. Sodra hulle begin versadig voel, eet hulle nie nog nie.

Hoe verskil Banters en gebalanseerdes?

• Banters eet vet en net 30-50 g koolhidrate soos hulle dit noem. Dit beteken hulle eet eintlik niks stysel nie. Hul neute en groente bevat ’n bietjie koolhidrate, en is dus hul styselkos.
• Gebalanseerdes eet 5-8 porsies styselkos (soos brood, aartappels, vrugte, suiker en lekkergoed). Hulle sny vet na minder as 30 g, wat neerkom op 2-3 teelepels olie of margarien vir kook, slaai en toebroodjies. Die res van die vet is outomaties in jou kaas en vleis.

Trollie vir trollie

As jy reg koop, sal jy reg kook en eet.

• Banters kies dus elke item presies volgens vrae 3-10 op die infogram.
• Gebalanseerdes sorg dat die verhouding van die items wat hulle koop, weerspieël wat op hul bord gaan beland. Omtrent die helfte van jou trollie sal bestaan uit groente, pap, brood en vrugte. Melk, jogurt, kase, vleis, vis en eiers maak saam ’n derde van jou trollie uit. Die orige 20% is vir olyfolie, avokado-olie, sagte margarien, suiker, sous soos blatjang en tamatiesous, piekels, vla, geblikte vrugte, heuning, stroop, konfyt, lekkers, sjokolade, nagereg, koek, pasteie, soesji, doopsouse en so aan.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

15 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

15 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

16 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

16 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

19 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

19 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.