Serves:Genoeg vir 4Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Romerige peperwortelpolenta
250 ml (1 k) water
125 ml (½ k) melk
125ml (½ k) room
55 g (¼ k) polenta
60 ml (¼ k) crème fraîche
20 ml (4 t) botter
60 ml ( ¼ k) gerasperde parmesaankaas
30 ml (2 e) geroomde peperwortel (creamed horseradish)
Fantastiese sampioensous
(Die beste sampioensous in die wêreld!)
30 ml (2 e) botter
30 ml (2 e) olyfolie
2 knoffelhuisies, fyn gekap
400 g sampioene, helfte knopies en helfte eksoties
45 ml (3 e) brandewyn
125 ml (½ k) vleisaftreksel
125 ml (½ k) room
15 ml (1 e) sojasous
vars roketblare vir die voorsitslag
Instructions
Romerige peperwortelpolenta 1 Bring die water, melk en room in ’n middelslagkastrol tot kookpunt. Geur met sout. 2 Hou die polenta ’n entjie bokant die melkmengsel en gooi stadig in ’n stroompie by die kokende vloeistof. Roer heeltyd met ’n houtlepel of balvormige klitser. (Wees versigtig dat die polenta nie spat en jou brand nie.) 3 Laat dit stadig prut tot dit begin verdik. Verlaag die hitte verder en prut vir sowat 30 min. tot deurgaar. 4 Net voor julle eet: Roer die crème fraîche, botter, parmesaan en peperwortel deur die polenta. Voeg nog warm melk by indien dit te dik na jou sin is.
Fantastiese sampioensous
1 Braai die sampioene en knoffel vir 5-7 min. oor matige hitte in die verhitte botter en olyfolie. 2 Gooi die brandewyn by en kook af tot met die helfte verminder. Gooi die aftreksel by en laat vir 8-10 min. kook. 3 Meng die room by en kook vir nog 3-4 min. of tot effens verdik. Gooi laastens die sojasous by.