Kruielimonade met tuisgemaakte suurlemoenstroop
Serves: 2 bottels
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Suurlemoenstroop
- Genoeg vir 2 x 375 ml-bottels
- • 500 ml (2 k) suurlemoensap, deur ’n moeseliendoek gesyg
- • 750 ml (3 k) suiker
- 1 Verhit die sap en suiker tot net voor kookpunt. Roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
- 2 Bottel die stroop warm en verseël dadelik. Berg op ’n koel, droë plek, of in die yskas.
- Kruielimonade
- Genoeg vir 4
- 1 Meng ¼ houer suurlemoenstroop (resep bo) met ’n ¾ houer sodawater. Meng ’n hand vol kruie soos tiemie, kruisement en basiliekruid deur.
- 2 Sit met baie ys voor. Gee die limonade skop met ’n skeutjie of twee vodka.
Michelle Nortje