Suurlemoenstroop
Genoeg vir 2 x 375 ml-bottels
- 500 ml (2 k) suurlemoensap, deur ’n moeseliendoek gesyg
- 750 ml (3 k) suiker
- Verhit die sap en suiker tot net voor kookpunt. Roer aan die begin tot die suiker opgelos is.
- Bottel die stroop warm en verseël dadelik. Berg op ’n koel, droë plek, of in die yskas.
Kruielimonade
Genoeg vir 4
- Meng ¼ houer suurlemoenstroop (resep bo) met ’n ¾ houer sodawater. Meng ’n hand vol kruie soos tiemie, kruisement en basiliekruid deur.
- Sit met baie ys voor. Gee die limonade skop met ’n skeutjie of twee vodka.