Die brode is amper soos stokbrood, en die kruie gee ’n heerlike smaak.
• 500 g steengemaalde broodmeel
• 7,5 ml sout
• 10 g-sakkie kitsgis
• 15 ml (1 e) olyfolie
• 375 ml (1½ k) louwarm water
Kruie
• Maak 8 klein kruiehopies (so 12 cm lank) met lourierblare, roosmaryn-en tiemietakkies en salieblare.
Instructions
1 Meng die meel, sout en kitsgis in ’n groot mengbak en maak ’n holte in die middel. Meng die olie en water en gooi dit in die holte. 2 Meng die meel met jou vingers in die water in tot al die water deur die meel gewerk is. Keer die deeg op ’n skoon werksvlak uit en knie vir 10 min. tot glad en egalig. Bedek met ’n skoon kombuisdoek en laat rys tot dubbel die grootte. 3 Druk die deeg plat met die palm van jou hand en verdeel in 8 bolletjies. 4 Rol elke bolletjie in ’n lang worsie uit. Draai elke worsie om ’n kruiebossie. Druk die punte onder die deeg in sodat dit nie afrol nie. 5 Laat rys die broodjies vir nog ’n paar minute. 6 Braai die broodjies alkant oor matige kole tot goudkleurig en gaar.