Slaai Slaaisous 1 Klits die eier, witwyn, grasui, pietersielie en basiliekruid saam en geur met sout en peper.Kruie-omelet met krakerige groenslaaivulsel
Ingredients
Instructions
Meng 1 komkommer, in dun linte gesny, 2 babavinkelbolle, dun gesny, 1 Granny Smith-appel, in dun skywe gesny, 1 babagroenkool, dun gesny en 1 avokado, geskil en skyfies gesny met ’n hand vol babakruieblaartjies.
Meng 5 ml (1 t) heuning, 15 ml (1 e) lemmetjiesap, 15 ml (1 e) water en geur met sout en peper. Hou eenkant.
2 Spuit ’n pannetjie met kleefwerende kossproei en verhit oor matige hitte. Skep 60 ml (¼ k) van die eiermengsel op ’n slag in die warm pannetjie.
3 Bak tot die kante van die omelet van die pan lostrek en draai om. Bak vir ’n paar minute aan die ander kant en keer uit.
4 Gooi die lemmetjiesous oor die slaai en meng deur. Rol die slaai in die omelette toe.