kategorieë: Leef gesondGesondheid

Kruie, die kankerkuur in jou huis

Hoe werk dit?

Die groei van ’n gewas behels vyf aspekte: inflammasie (dikwels); selle vermeerder; apoptose (’n meganisme wat foutiewe (kanker)selle dwing om af te sterf); selle versprei (metastase); en bloedvoorsiening. Sowat 200 komponente in kruie kan elkeen hiervan beïnvloed. Ons weet reeds die kapsaïsien in rissies werk inflammasie baie suksesvol teë. Sinnamaldehied in kaneel, kurkumin in borrie en singeroon in gemmer werk net so goed.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die kruie met bestanddele wat help dat kankerselle afsterf, is knoffel, pampoensaad, koringkiem, rissies, roosmaryn, kaneel, borrie, uie, sitrusskil, sesamsaad, en -olie, orego, laventel, basilie, tiemie en appels. Sekere komponente in rissies, sitrus, kaneel, borrie, knoffel, rooi uie, naeltjies, neut, basiliekruid, lourierblaar, sitrus, roosmaryn, sesamsaad, laventel, tiemie, orego, kappertjiesaad en bessies beïnvloed selvermeerdering.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir metastase lyk roosmaryn, saadspriete, olyfolie, vanielje, knoffel, uie, gemmer en peper die suksesvolste, terwyl bloedvoorsiening beter gereguleer word met die bestanddele in uie, gemmer, peper, borrie, rissies, roosmaryn en saadspruite. Kortom: byna al die gewone kruie doen meer as om net jou kos te geur. Verlustig jou in hulle!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

13 reëls van die kankerdieet

Kosse en gaarmaakmetodes kan jou óf beskerm óf aan kankerwekkers blootstel. Die anti-kankerdieet skakel dit so uit:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Eet minstens vyf koppies groente en vrugte per dag – rooi, geel en groen. Aartappels, rys en pasta tel nie.

2. Eet minder vleis, en meer vis, lensies en bone.

3. Beperk braaivleis tot twee keer per week. Sny gebrande randjies af. As jou grotman ’n vuurtjie moet aansteek, maak potjiekos met baie groente.

4. Minder gepekelde en gerookte vleis is beter. Sny veral op spek, Kasselse rib, kouevleis, ham, biltong en droëwors.

5. Verruil kitskos vir kitstuiskos, soos dun vleissnitte en repies en blokkies vleis wat blitsig gaar word. Byna enige groente neem net vyf minute in die mikrogolf. Sit in ’n glasskottel, voeg een lepel water by, sit die glasdeksel op en mikrogolf.

6. As jy kitskos koop, maak ’n groot mengelslaai met kruie by.

7. Vars vrugteslaai is die gesondste nagereg.

8. Werk kruie in waar jy kan: tiemie en roosmaryn op rooivleis, kerriekosse met al hul kruie, gemmer op wortels en patats, kaneel in wortels, patats en pampoensoorte, neut oor blomkool en skorsies, oorgenoeg pampoensaad, roosmaryn, tiemie, orego, olyfolie, rissies, uie en knoffel in slaai, pizza en pasta. Prikkel jou smaakkliere na hartelus.

9. Bêre en mikrogolf kos liewer in glas as in plastiek.

10. Verruil alkohol vir gesuiwerde water. Al meer ondersoeke wys ’n verband tussen alkohol en kankers van die hele spysverteringskanaal – van die mond tot die kolon – en prostaat- en borskanker. Drink heuningbos- en rooibostee, en selfs gewone tee en koffie. Hulle kan ook met kruie opgekikker word, soos gemmer in tee en kaneel in koffie.

11. Eet die minimum vetterige en gebraaide kos, soos spek, ryk geregte, margarien, botter, die vet in vleis, oliegebakte vis en skyfies, koeksisters en sjokolade. Verruil botter en margarien vir olyfolie en canola.

12. Stoom, kook, mikrogolf en oondbak is die beste kookmetodes en diepbraai die onveiligste.

13. Soek die etikette deur vir transvette, gehidrogeneerde vette en deels gehidrogeneerde vette, en koop die item daarsonder.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

2 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

3 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

3 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

3 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

4 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.