kategorieë: KalenderOntspanning

Krone 4 by Carnival City!

’n Paar nuwe gesigte sal ook by vanjaar se vertoning te sien wees. Deon Groot, Elandré Schwartz en Lieflinge gaan by ou staatmakers soos Kurt Darren, Manie Jackson, Snotkop, Nicholis Louw, Adam Tas, Brendan Peyper, Ray Dylan, Andriëtte Norman, Elizma Theron en Liezel Pieters, Juanita du Plessis, Refentse en Ricus Nel aansluit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Konsertgangers kan solank gereed maak vir die jol van die jaar. ’n Paar ander verrassings wag ook,” sê Niel Schoombee, regisseur van Krone 4.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens Schoombee kan konsertgangers na meer as 110 treffers uitsien. “Ons bekroon die treffers by dié konsert. Van Laurika Rauch se tydlose Stille Waters tot ons hedendaagse treffers.”

Krone is ’n lekker saamsing-jol. Tydens die konsert verskyn al die lirieke van die liedjies wat gesing word op die grootskerms. Die gehoor kan dan na hartelus saamsing en die partytjie is dan net soveel beter en beslis ook lekkerder. Dis die grootste sterre op die grootste verhoog en jy kan saamsing!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Ek dink dít is wat Krone anders maak as ander konserte. Die feit dat die gehoor die lirieke woord-vir-woord saam kan sing, omdat daar skerms is wat dit vertoon.” vertel Ernst Kleinhans, organiseerder van Krone.

Kaartjies vir vanjaar se Krone 4-konserte is nou beskikbaar en kan aanlyn gekoop word by Computicket of enige Checkers/Shoprite en House&Home-winkels.

Bly op die hoogte van die jongste Krone-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Wilhelm van der Walt oor sy rol in Skemergrond: ‘Ek is baie ambisieus en gedrewe soos hy’

Wilhelm van der Walt, wat die rol van Dirk Maritz in Skemergrond vertolk, het omtrent amok kom…

4 hours Gelede

Die verleidelikste sjokolade-en-amandel-vlegsel

Genoeg vir 1 vlegsel   Bestanddele   25 g vars gis of 10 g kitsgis…

5 hours Gelede

‘Op skou’: Dié nuwe werklikheidsreeks gaan jou by tye verwonderd, verstom en verbaas laat

kykNET het die vermoë om telkemale met ’n unieke dokumentêre realiteits-TV-reeks vorendag te kom wat…

6 hours Gelede

Kry jou vel gereed vir herfs

Wanneer dit kouer word, verander ons vel se behoeftes, veral ten opsigte van die vog…

8 hours Gelede

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

As jy eers hierdie Paasbolletjies geproe het, sal jy nooit weer gewone bolletjies koop nie.…

3 days Gelede

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.