Hoofstuk 3
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Josh sit langs Mary. Hy hou haar hand vas. Magdalena staan ’n rukkie in die deur na die twee jongmense en kyk. Nog blote kinders, maar op sy manier is dit duidelik Josh gee om vir sy Mary. Magdalena wonder oor die kinders se ouers, en of hulle weet waar die jongmense hulle op Oukersaand bevind. ’n Diep vrees kom lê in Magdalena se gemoed. Sy stuur skietgebede op dat dinge in hierdie nag goed sal verloop. Sy bid dat Mary en die baba sal oorleef. En sy bid dat haar ou man se harde hart sal verkrummel voor die gees van liefde in die Kerstyd.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Josh kyk op. Sy sien die bang in sy byna pikswart oë.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }“Als sal reg wees, Josh, ons moet net glo.”
“Sy slaap, dink ek, hoop ek, Antie ek is bang.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sy wil nie hê hy moet haar eie vrees agterkom nie. Ook nie dat daar nie gou hulp gaan opdaag nie.
“Laat haar tussen die pyne slaap. Kraam kan ’n rukkie duur. Gaan lê op die ander bed. Jy lyk moeg.”
“As Antie so sê, is dit reg. Dankie dat Antie ons help.”
Sy weet Krisjan het ’n punt beet. Iets vreeslik kan vannag hier gebeur en dan weet hulle ouers nie waar hulle is nie.
“Wat maak julle twee kinders op die pad net voor Kersfees? So ver weg van die huis? Waar is julle ouers?”
“Ons het moeilikheid gekry oor Mary in die ander tyd is. Gelukkig is Mary dikkerig en haar Daddy kon nog nie sien nie, maar ons was bang hy doen iets vreeslik as die baby kom. Daddy, hy is ’n moeilike man. Hy sal Mary doodslaan. Genuine doodslaan. Toe sê Mary se antie dis beter as sy na haar toe kom hier by Sutherland.”
“Sou dit nie beter gewees het om met Mary se pa te probeer praat nie? Toe vat julle die pad? En dit in haar toestand?”
“Antie, Mary se Daddy, hy is … Daar’s iets fout in sy kop. Dis asof hy twee mense is. Hy’s die pastor by die kerk, maar by die huis is hy ’n satan.”
Josh vee trane af terwyl hy praat. Magdalena sien die vrees in sy oë as hy van Mary se pa praat.
“En Mary se ma? Ek dink tog ons moet haar bel sodat sy weet waar julle is.”
“Antie Gwen, Mary se ma se sussie. Die een na wie ons op pad was. Ek sal bly wees as ek haar kan phone. Nie Mary se ma nie. As ons bel, sal dit Daddy net kwater maak. Teen die tyd is daar seker groot moeilikheid in daardie huis. Antie moet saam bid dat die Jirre sy hand oor Mary se mamma hou.”
Magdalena vou haar arm om die jong man se skraal lyf. Sy druk hom vas.
“Als sal goed gaan, ek glo dit. Ons plaas God hier in beheer. Julle is op die regte plek, Josh. Die Here het julle op my pad gestuur.”
Mary slaap onrustig tussen die pyne deur. Magdalena spons haar gereeld af om die koors van die hitte-uitputting te breek.
Sy bid prewelend vir die twee jong kinders onder haar dak, en vir Mary se ma. Sy bid ook vir Daddy, dat hy kalmte in sy hart sal kry, en sy noem Krisjan se naam voor God. Mag God sy hart sag maak.
In die nanag begin ’n koel windjie oor die plaas waai. Magdalena maak die vensters oop sodat dit Mary se koorsige lyf kan lawe.
Sy stap af in die gang. Krisjan sit regop in die bed met die Bybel voor hom.
“O, jy is nog wakker, my man. Ek het net ’n trui kom haal. Mens kan nie glo dit was vanmiddag so kokend nie.”
Hy kyk op en loer oor sy leesbril na haar.
“Ek lees solank die stuk wat ek Kersmiddag vir die volk gaan lees. Voel soos gister. Nog ’n jaar verby.”
Partykeer voel sy so jammer vir haar hardkoppige man. Sy hart is eintlik klein. Dit weet sy.
“Jy lees dit altyd so mooi. Sien so uit na die ou kleintjies se Kersspel. Hoop net daar is genoeg geskenkies vir almal.”
Maar Krisjan weet hoe om sy stekie in te kry.
“Ja, mens weet nie hoeveel deur die jaar aangeteel het nie.”
Magdalena sug.
“Ai my man, dis net kinders, en hulle geniet dit so. Toe jou pa altyd die Kersvaderklere aangetrek het, dit was so lekker vir die kleintjies. Daai klere is seker al deur die motte gevreet.”
Die Kervaderpak roep ou herinneringe van kinderpret, maar die harde dop om Krisjan se klipkop kraak moeilik.
“Vrou, jy weet my ma kon daardie Kersvaderpak nie verdra nie. Sy het geglo dis heidens. Baie met Pa baklei oor die ding.”
Magdalena sien in haar geestesoog nog hoe haar skoonouers kon kibbel. Tot die graf toe oor kleinighede baklei. En toe treur haar skoonpa hom dood na skoonma se afsterwe.
“Jou ma het tog die Kerspak vir jou pa gemaak?”
Sy sit op die rant van die bed en haar gedagtes gaan ver terug na die pragtige Kerfeestye wat hulle al op Avondster gehad het.
“Krisjan, jy weet, ek sit netnou en dink, dié swanger paartjie wat so op reis is, dis vir my baie soos …”
Haar man lees haar gedagtes.
“Ag nee vrou, nou vat jy dit darem te ver. Hierdie is twee oorlamse Capy-kinders wat hulleself nie kon inhou nie.”
“Josh sê hulle moes vlug want haar pa sal haar doodslaan.”
“Die pa wou hom seker doodslaan. Ek sê jou as haar ouers haar soek, het ons moeilikheid. Môre bel ek die polisie.”
Sy probeer haar man se aandag aflei want sy sien hy raak weer moeilik.
“Ek het Kris probeer bel. Gedink hy sal vir my raad kan gee, maar hy was nie by die huis nie, ook nie by die hospitaal nie.”
Krisjan se oë lyk skielik hartseer.
“Hoop hy het darem tyd om môre te bel.”
“Natuurlik sal hy bel, my man. Dis Kersfees.”
Josh kan net nie aan die slaap raak nie. Hy staan op en gaan sit op die stoep. Sy hart is bang en onrustig. Hy weet wat vannag hier gebeur, gaan ’n invloed op die res van sy lewe hê. Hy kyk op en wonder hoe ver agter die sterre God woon.
“Jirre, die sterre is so mooi hier. Sit amper hie styf teen die aarde. Asof mens hulle kan pluk. Daai grote hier bokant die huis, dis seker jou favourite ene.
Jirre, ek wou net kom sê dankie dat U vir ons op hierdie antie se pad gebring het.
Ag liewe Jirre, as ek nog net een favour kan vra. Spaar Mary en onse baby vir my. Ek belowe ek sal ’n goeie dadda wees vir die kind. As ek teruggaan Kaap toe, en oom Douglas gee my ’n promotion, Jirre, ek sal my tiende betaal, maar nie by Mary se daddy se kerk nie. Jirre moet my maar verskoon, maar daai pastor …Hy dink hy’s U selwers.
Jirre, ek is jammer ek het in my hart gedink om Mary liewer te drop. Dankie dat u vir my daardie nightmare gestuur het.”
Hy skrik hom uit sy gebed as hy ’n roggelhoesie naby hom hoor. Krisjan staan eenkant op die stoep en steek sy pyp aan.
“Heit, hoe laat Oompie vir my skrik!”
Die ouer man wys met sy pypsteel na die sterre.
“Daardie groot ster wat jy vroeg vanaand gesien het, dis die aandster. My oupa het die plaas na hom vernoem, Avondster.”
“Die sterre is mooi hier, Oompie. Die mooiste wat ek nog gesien het. Daar by die Cape Flats daai sterre is nie so blink gepolish nie.”
Mary se pyne kom al korter op mekaar. Tussen die pyne sak sy in ’n beswyming weg. Sy is natgesweet ondanks die koel luggie deur die venster en die waaiers.
“Antie, ek bly dors.”
“Kom, vat ’n slukkie water.”
“Die pyn, ek dink nie ek kan nie meer uithou nie, Antie, ek dink ek gaan dood!”
Magdalena vryf met ’n nat waslap oor Mary se gesig.
“Dit sal goed gaan, jy sal sien. Jou baba gaan ’n Kersbaba wees!”
“Haai ja Antie, ’n Krismisbaby!”
“Op Jesus se verjaarsdag. Dis spesiaal né?”
“Ja, Antie, God het vir Maria gebless.”
Magdalena vee die meisie se hare weg van haar gesig. Dit hang in nat slierte van die koors.
“Jou kind gaan vir jou ’n seën wees. Jy sal sien”
Mary kreun en krul op die bed van pyn. Sy gryp Magdalena se hand vas.
“Antie? Ek het die Here se vergifenis gevra oor die baby. Dis nie soos ek dit wou gehad het nie.”
“Die lewe gebeur nie altyd soos mens dit wil hê nie.”
“Maar ek wil nie leef soos my Mamma leef nie, ek soek ’n happy lewe. Ek en Josh, ons gaan anders wees.”
Magdalena kan die meisie se bekommerde ma op die Kaapse vlakte nie uit haar gedagtes kry nie.
“Ek wens tog ons kon jou ma bel. Sy is seker bekommerd.”
Mary huil tussen die kraampyne deur oor haar ma.
“My mamma is seker teen die tyd dik geslaan oor ek geloop het. Maar mind you, al het ek nie geloop nie, sou sy ook dik geslaan gewees het. Daddy kry altyd rede.”
Magdalena maak die waslap weer nat en vee Mary se nek en voorkop af.
“Die pyne sal kom en gaan. As dit meer gereeld op mekaar is, sal ons weet dis tyd.”
“Sal Antie my kan help as die tyd kom? Ek is bang.”
“Ek sal hier wees, hier by jou. Onthou hoe ek jou gewys het om asem te haal. Dit help.”
Mary krul weer van die pyn. Sy probeer regop sit as die pyn bedaar.
“Hemeltjie Antie, kyk die bloed! Hoekom bloei ek?”
Magdalena kry Krisjan langs die kombuistafel. Sy hande om ’n beker koffie gevou.
“Krisjan, die meisie bloei baie! Ek gaan Kris weer probeer bel.”
Krisjan staan op, maar weet duidelik nie wat om te doen nie.
“Dis ’n gemors die! Sy moet net nie hier by ons doodgaan nie!”
Magdalena is nie lus om met haar man te redeneer nie.
“Sy moenie dood gaan nie, punt. Ons moet bid my man, sy bly vuurwarm al is dit koeler buite.”
Magdalena bel weer Kris se nommer in Londen.
“Waar is die kind? Liewe Here, vannag moet U tog kom help!”
Josh kom ingehardloop.
“Antie! Ek dink sy het weer uitgepaas!”
“Ek kom Josh, ek sal haar weer afspons. My man, bel die polisie, hulle moet iemand kry om ons te help. ’n Ambulans, enigiets, hier loop dinge skeef.”
Sy kyk hulpeloos na David wat ook eenkant verskrik in die kombuis staan.
“David! Jou ma sal net moet kom. Sê haar die meisie is swak en bloei baie, ek weet nie meer wat om te doen nie. Vra of iemand anders Ta Meentjie gaan help. Jou ma is die enigste een wat nou die meisie sal kan help.”
David gryp die motorsleutels en hardloop by die deur uit.
Krisjan staan met die gehoorstuk van die telefoon in sy hand. Hy lyk gefrustreerd.
“Geen antwoord by ons polisie nie. Tipies! Lê seker en slaap!”
Dit is nie die soort reaksie waarvoor Magdalena nou lus is nie.
“My man, luister nou mooi na my. Vannag, vannag is ek nie lus vir jou bitterheid nie. Bel weer, ons het hulp nodig. Ek gaan kyk gou hoe dit nou gaan.”
Aan haar stappie kan Krisjan sien hy moet nou liefs stilbly. As sy buite hoorafstand is, brom hy voort.
“Sit op Kersfees met ander mense se probleme. Capys. Nou is Magdalena ook nog moeilik. Kamma Krismis op Avondster.”
Josh kom by die kombuis ingehardloop. Hy huil.
“Oompie, dinge loep skeef dabinne. Gaan sy dood, Oompie?”
Krisjan weet nie hoe om die jong man se trane te hanteer nie.
“Vir wat vat julle kinders die pad in haar toestand, is julle dan stupid?”
Teen die tyd snik Josh onbedaarlik.
“Mary se Daddy, my Oompie …”
“Ek kan glo haar pa is kwaad. As ek hy was het ek jou ’n helse paar klappe gegee. Sy is nog kind! Kon julle julle nie inhou nie, magtag man, wil net teel.”
“Dis true love, Oompie.”
Krisjan snork die woorde byna uit: “True love? Wat de hel weet jy van true love? Jy is ’n snuiter! Julle hormone het vir julle gepla. Dis wat!”
Josh gaan sit by die kombuistafel. Hy lê ’n rukkie met sy kop op sy arms.
“My oompie, op die Cape Flats. As jou hart seer is, Oompie, en iemand care. Oompie, dis ons true love.”
Krisjan blaas bolle rook by die kombuisvenster uit.
“Seun, jy bedoel eintlik julle slaap by enigiemand wat …”
Josh staan op en gaan staan voor Krisjan.
“Oompie, Mary, sy kom uit ’n swaar huis. Ek is nie God se blue eyed boy nie, maar ek care, Oompie. Ek wou eers hê sy moet die baby abort. Oor ek bang was. Daar is te veel swaar op die Flats.”
Die jong man se gesnik maak Krisjan kriewelrig.
“Gaan jy darem met haar trou? Gaan jy vir haar en die kind sorg? Of moet sy maar ’n grant vra?”
“Ek werk my Oompie, my baby gaan nie ’n government grant baby wees nie. To be honest, ek wou haar los, oor ek ’n coward was, maar die Heavenly Father, Hy het vir my ’n nightmare gestuur. Maar ek en Mary, dis true love, Dis genuine true love. “
Daar heers ’n atmosfeer van paniek in die kamer. Magdalena probeer Mary wakker maak. Die bed is al sopnat soos sy haar afspons. Die nat lakens is nou vol bloed.
“Mary? Mary?”
Mary maak haar oë oop. Sy probeer regop kom.
“Mamma? Hoekom is dit so warm, Mamma?”
“Dis ek my kind, tannie Magdalena, jou mamma is nie hier nie.”
“Ek is moeg, Mamma.”
Magdalena vryf met bewende hande oor Mary se kromgetrekte rug. Hoe meer pyne kom, hoe meer bloed versprei op die laken.
“Mary, jy moet nou wakker bly, jy sal my moet help. Ek kan nie alleen werk nie, jy moet wakker bly om my te vertel hoe voel die pyne. Jy sal al jou kragte moet gebruik as jy moet begin druk. Hoor jy? Kom, laat ek weer afvee sodat jy koeler kan voel.”
Die pyne kom al hoe nader aan mekaar.
“Mamma? Wanneer het Mamma gekom?”
Met die volgende sametrekking kom nog ’n klomp bloed.
Magdalena weet sy kan nie nou paniekerig raak nie, maar haar hande bewe.
“Krisjan! Jy sal moet kom help!”
Krisjan steek vas in die kamerdeur.
“Hemel vrou! Kyk die bloed!”
Hy staan nader as hy die bang in sy vrou se oë sien.
“Kom my man, help haar oplig sodat ons ’n skoon laken kan opsit. Ek voel al die baba se koppie. Josh, staan jy eenkant.”
Josh huil en bid deurmekaar.
“O Jirretjie tog kom help!” Prewel hy oor en oor.
Krisjan kyk verskrik na sy vrou.
“Magdalena, moet dit nie van my verwag nie, ek kan nie.”
“Ja, my man, ek verwag dit van jou, jy gaan my help, hoor jy?”
Hulle skuif die bed van die muur af sodat Krisjan aan die ander kant van die bed kan staan. Hy help Mary se bene vashou.
“Die pyne is nou meer gereeld. Mary, sê my as jy voel jy moet druk.”
Magdalena voel weer in beheer van die stituasie. Sy stop kussings agter Mary se rug in en vryf haar rug terwyl sy die meisie saggies aanmoedig.
“Josh, kom staan jy hier en hou Mary se hand vas.”
Hy staan skrikkerig nader.
“Jirretjie, Mary, may God be with you. Ek bid hierdie kant, hoor jy my?”
Magdalena en Krisjan se oë ontmoet oor die breedte van die bed.
“Wat gaan ons doen vrou?”
Vir die eerste keer in jare sien sy vrees in haar man se oë.
“Ons sal self moet deurdruk, die koppie kroon al mooi. Mary, hoor jy my? Ons is amper daar. As die volgende pyn kom, druk jy met als wat jy het? Hoor jy?”
Mary gil van die pyn en sak moeg agteroor.
“Ek kan nie, ek is so moeg.”
Josh buig oor haar en hou haar styf vas.
“Jy kan my Mary, jy kan. Jy is mos ’n tough girl, kom nou.”
Met die volgende kontraksie help Magdalena Mary weer regop.
“Druk Mary, nou moet jy druk. As jy die pyn voel kom, druk jy.”
Krisjan kan die situasie nie meer hanteer nie. Hy stap deur se kant toe.
“Ek kan nie, my vrou, ek loop nou eers.”
Maar Magdalena het nie nou tyd om met haar man te sukkel nie.
“My man, jy bly net hier. Gee skoon handdoeke aan. Skrop jou hande skoon. Nou, Krisjan, doen dit nou!”
Krisjan gaan staan gedwee weer langs die bed.
“Dis amper verby, my man. Hoor jy Mary? Met die volgende pyn druk jy op jou hardste, Mary.”
Mary krul vooroor van die pyn, maar Magdalena druk haar terug.
“Hier kom hy! Hier kom jou baba, Mary! “
Die baba glip uit op die laken en Magdalena vou hom in ’n handdoek toe. Sy hou hom na Krisjan uit.
“Hou vas. Waar is daardie skêrtjie en tou? Josh, kom knip die naelstring! Jyt ’n seun!”
Josh gaan staan langs Krisjan. Hy kyk na die bloedbesmeerde gesiggie in die handdoek.
“Ag Jirretjie, dankie, dankie vir die baby.”
Mary sak slap agteroor. Bloed stroom uit haar.
“Antie? Slaap sy, Antie? Wat maak ons nou?”
“Josh, hou die baba vas dan gaan sit jy in die sitkamer, ek roep jou nou.”
Magdalena en Krisjan kyk bekommerd na mekaar.
“Mary? Mary? Krisjan, sy bloei weer baie! Wat moet ek doen, Krisjan?”
“Ek weet nie! Sy bloei haar dood! Waar bly Anna!”
Magdalena buig oor Mary se gesig.
“Haal sy nog asem? Ek hoop sy is net bewusteloos. O Here, hoor U dan nie ons krete nie? Here ons vra hulp!”
Magdalena snik terwyl sy die bloed probeer opvee. Krisjan se stem klink of hy ook wil huil.
“Magdalena, moenie laat sy hier doodgaan nie!”
“Bid my man, bid! Hoor jy my? Ons gee nie op nie!”
“Is hier dan niemand op hierdie godverlate vlakte wat ons kan help nie? Meisiekind! Kom nou! Word wakker, bly by ons!”
Mary se liggaam krimp ineen.
“Hier kom die nageboorte! Ek glo sy gaan leef, Krisjan, ek glo dit net. Ek wil dit glo.”
Krisjan gee ’n skoon handdoek vir sy vrou aan.
“Hou moed, my vrou, ons sal deur die ding kom.”
“Mary, Mary? Gee ’n skoon lap aan dat ek haar afvee. Kom nou kindjie, werk saam met ons.”
Krisjan gaan staan op sy knieë langs die bed.
“Here laat sy tog net leef.”
Magdalena bid saam.
“Dis Kersfees, ons God, laat sy asseblief leef.”
Mary kreun en maak haar oë oop.
Magdalena en Krisjan vee trane van hulle wange af.
“Sien jy my man! Dankie Here!”
Josh kom by die deur ingestap met die huilende baba.
“Antie sal moet help, die kind hou nie op huil nie.”
Magdalena vat die baba by hom en lê hom op Mary se bors neer.
“Kom ons kyk of hy suig, dan sal hy stilbly. Mary? Kan jy my hoor?”
Josh staan bekommerd nader.
“Nou hoekom slaap sy nou weer? Is dit normal? Hê Antie?”
“Sy is baie swak, Josh, sy het baie bloed verloor. Gee haar kans.”
Krisjan help die bebloede lakens en handdoeke optel.
“Magdalena, dink jy dis goed dat die baba so aan haar drink as sy, as sy nie by is nie?”
“Wat anders? My man ek weet nie wat anders om te doen nie. Sy reageer skaars. Ag, as iemand tog net kom help. Het jy netnou rondgebel?”
“Die Boshoffs en Van Eedens is weg, jy weet mos? Hannatjie het mense, maar sy het beloof om by haar plaasvolk te hoor wie weet van sulke goed.”
“My man, as dit ’n wit vrou was, het Hannetjie self gekom.”
“Jy is reg my vrou, hierdie keer is jy reg.”
’n Motor kom aangery en hou langs die opstal stil.
“My man, gaan kyk jy. Dalk is dit iemand wat kom help!”
Sy staan en kyk hoe die baba aan sy ma drink.
“Mary? My kind jy het die pragtigste seuntjie. Voel jy hom aan jou drink? Hy is ’n fris knapie hoor? Ai my kind, word net wakker.”
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.