Krakerige wortelslaai met kruie-en-saad-roomkaasballetjies
Serves:6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Gepiekelde babawortellinte
1 k (250 ml) witwynasyn
1 k (295 g) suiker
4 k (1 liter) water
1 t (5 ml) komynsaad
1 t (5 ml) peperkorrels
1 t(5 ml) koljandersaad
10-12 gekleurde babawortels, met ’n groenteskiller of mandolien in linte gesny
Geroosterde worteltjies
1 pakkie gekleurde babawortels
30 ml (2 e) olyfolie
2 t (10 ml) komynsaad
Kaasballetjies
1 houertjie (250 g) roomkaas
¼ k (60 ml) wit en swart sesamsade
’n hand vol gekapte kruisementblare
Instructions
Verhit die witwynasyn, suiker, water, komyn- en koljandersaad en swartpeperkorrels in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Laat die mengsel vir 2-3 min. kook en haal van die hitte af. Hou eenkant. Sit die wortellinte in die piekels.
Verhit die oond tot 200 ˚C. Sit die babawortels op ’n bakplaat en bedruip liggies met olyfolie. Strooi komynsaad oor en rooster vir 20 min. of tot sag maar nie pap nie. Haal uit en laat afkoel tot kamertemperatuur.
Rol die roomkaas in balletjies omtrent so groot soos ’n R2-munstuk. Rol die helfte van die balletjies in die sesamsaadjies en die ander helfte in die gekapte kruisementblare.
Sit die geroosterde wortels, gepiekelde linte en roomkaasballetjies op ’n mooi opdienbord en sprinkel ’n bietjie balsemiekasyn net voor opdiening oor.