Deur Vickie de Beer. Foto’s: Charles Russell en Lee Schwagele: CRPhotographic
Krakerige wortelslaai met kruie-en-saad-roomkaasballetjies
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Gepiekelde babawortellinte
- 1 k (250 ml) witwynasyn
- 1 k (295 g) suiker
- 4 k (1 liter) water
- 1 t (5 ml) komynsaad
- 1 t (5 ml) peperkorrels
- 1 t(5 ml) koljandersaad
- 10-12 gekleurde babawortels, met ’n groenteskiller of mandolien in linte gesny
- Geroosterde worteltjies
- 1 pakkie gekleurde babawortels
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 2 t (10 ml) komynsaad
- Kaasballetjies
- 1 houertjie (250 g) roomkaas
- ¼ k (60 ml) wit en swart sesamsade
- ’n hand vol gekapte kruisementblare
Instructions
- Verhit die witwynasyn, suiker, water, komyn- en koljandersaad en swartpeperkorrels in ’n middelslagkastrol oor matige hitte. Laat die mengsel vir 2-3 min. kook en haal van die hitte af. Hou eenkant. Sit die wortellinte in die piekels.
- Verhit die oond tot 200 ˚C. Sit die babawortels op ’n bakplaat en bedruip liggies met olyfolie. Strooi komynsaad oor en rooster vir 20 min. of tot sag maar nie pap nie. Haal uit en laat afkoel tot kamertemperatuur.
- Rol die roomkaas in balletjies omtrent so groot soos ’n R2-munstuk. Rol die helfte van die balletjies in die sesamsaadjies en die ander helfte in die gekapte kruisementblare.
- Sit die geroosterde wortels, gepiekelde linte en roomkaasballetjies op ’n mooi opdienbord en sprinkel ’n bietjie balsemiekasyn net voor opdiening oor.
Catherine Schenck
Lees Meer
Vinnige salmpasta
18/12/2024