Krakerige viskoekies
Ingredients
- Viskoekies
- 4 middelslag-aartappels, geskil, in blokkies gesny en sag gekook
- 350 g gaar vis, gevlok
- gerasperdeskil van 1 suurlemoen
- hand vol gekapte dille en pietersielie
- 2 preie of ½ ui, fyngekap en in 15 ml (1 e) botter gebraai
- 250 ml (1 k) karringmelk
- Krummelkors
- 30 ml (2 e) olyfolie
- 250 ml (1 k) growwe broodkrummels van ciabatta gemaak
- 125 ml (½ k) gerasperde parmesaan (of pecorino, dis goedkoper)
- gerasperde skil van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- olyf- of canola-olie vir braai
- English recipe
- Crispy fish cakes
- Fishcakes
- 4 medium potatoes, peeled, diced and cooked tender
- 350 g cooked fish, flaked
- Grated peel of 1 lemon
- handful of chopped dill and parsley
- 2 leeks or ½ onion, finely chopped, and 15 ml (1 tbsp) butter fried
- 250 ml (1 cup) buttermilk
- Crumbs
- 30 ml (2 tbsp) olive oil
- 250 ml (1 cup) breadcrumbs made from ciabatta
- 125 ml (½ cup) grated parmesan (pecorino, it's cheaper)
- Grated peel of 1 lemon
- salt and ground black pepper
- olive or canola oil for frying
Instructions
1 Viskoekies: Druk die aartappels met ’n vurkfyn. Laat afkoel.
2 Meng die vis, aartappels, suurlemoenskil, kruie en gebraaide prei.
3 Geur met sout en vorm viskoekies van 8 cm. Sit vir 20 min. in die yskas.
4 Krummelkors: Verhit die olyfolie in ’n pan en braai die broodkrummels daarin tot goudbruin. Skep uit en laat eenkant afkoel. Roer die kaas en skil by.
5 Gooi die karringmelk in ’n vlak bakkie, doop elke viskoekie vinnig in die karringmelk en druk dan in die krummels.
6 Verhit olie in ’n pan en braai die viskoekie daarin tot goudkleurig aan elke kant. Sit voor met aartappelskyfies, ertjies en Tartaarse sous.
English recipe
Fish Cakes 1: Mash the potatoes with a fork. Cool.
2 Mix the fish, potatoes, lemon, herbs and fried leeks.
3 Season with salt. Form fish cakes of 8 cm. Leave 20 minutes in the refrigerator.
4 Crumbs: Heat the olive oil in a pan and fry the breadcrumbs until golden brown. Remove and set aside to cool. Mix with the cheese and rind.
5 Pour the buttermilk into a shallow bowl, dip each fishcake rapidly in the buttermilk and then in the crumbs.
6 Heat oil in a pan and fry them until golden on each side. Serve with chips, peas and tartar sauce.