• 500 g hoenderdye, ontbeen (koop dit so by die supermark)
• 400 ml (1 blik) klappermelk
• 15 ml (1 e) fyngekapte knoffel
• 15 ml (1 e) fyngekapte gemmer
• 5 ml (1 t) fyngekapte groen brandrissie
• ’n hand vol vars koljanderblare, fyngekap
• sout en swartpeper
Slaai
• 3-4 mange tout, in repies gesny
• 2 middelslagwortels, in dun repies gesny
• ½ k Engelse komkommer, in dun repies gesny
• 1 mango, geskil en in repies gesny, of gebruik geblikte mango
• 8-10 lietsjies – geskil, middeldeur gesny en ontpit, of geblikte lietsjies
• ½ k boontjiespruite
• 50 g grondbone
• ’n hand vol vars kruisementblare
• ’n handjie vol koljanderblare
Sous
• 250 ml (1 k) klappermelk (gedreineer van die hoender)
• 15 ml (1 e) Thaise rooikerriepasta
• 5 ml (1 t) fyngekapte knoffel
• 5 ml (1 t) fyngekapte groen brandrissie
• 5 ml (1 t) vissous
• 5 ml (1 t) heuning
• 5 ml (1 t) sojasous
• sap en skil van een lemmetjie
• knypie sout en swartpeper
• klapperskaafsels en lemmetjieskywe vir die opdienslag
Instructions
1 Gooi die klappermelk, gemmer, knoffel, brandrissie en koljander in ’n dieperige braaipan. Voeg die hoenderdye by, maak seker dat dit goed met die sous bedek is. Verhit die pan oor matige hitte en laat die hoender vir 15-20 min. saggies prut tot gaar. Geur met sout. 2 Haal van die stoof af en laat afkoel. Gooi die sous af en hou eenkant. 3 Meng die gedreineerde klappermelk in ’n middelslag-bakkie saam met die kerriepasta, knoffel, brandrissie, vissous, heuning, sojasous en gerasperde skil en sap van die lemmetjie. Geur met sout. 4 Meng al die slaaibestanddele saam in ’n opdienbak. Pluis die hoender met jou vingers en meng dit deur die groente en vrugte. 5 Sit die slaai met die slaaisous voor.