Krakerige komkommerslaai deur Vickie de Beer, bygestaan deur Gillionelle Kaba. Foto’s deur Lee Schwagele.
Genoeg vir 6.
Bestanddele
- 3 klein komkommers, met ’n groenteskiller in linte gesny
- 2 babaslaaikoppe soos bindslaai (cos of gem), in kwarte gesny
Marinade vir die uie
- 75 g (⅓ k) suiker
- 125 ml (½ k) wit-wynasyn
- 1 ui, in ringe gesny
Slaaisous
- 125 ml (½ k) Amasi
- ½ knoffelhuisie, fyngekap
- 5 ml (1 t) Dijon-mosterd
- 5 ml (1 t) heuning
- gerasperde skil en uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
Metode
- Meng die suiker en witwynasyn in ’n middelslagbak en roer totdat die suiker opgelos het.
- Marineer die uie vir 10 min. in die asynmengsel.
Slaaisous
- Meng die Amasi, knoffel, mosterd, heuning en suurlemoenskil en -sap en geur met sout.
- Pak die komkommerlinte, slaaikwarte en uie op ’n mooi opdienbord en sprinkel die slaaisous oor.