Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Jy het vlekvryestaalhorinkies nodig vir die vorm van die horinkies. Kry dit by bakwinkels of in die bakafdeling van supermarkte.
Horinkies
60 ml (1⁄4 k) koekmeel (+ nog 15 ml indien die deeg te loperig is)
15 ml (1 e) suiker
5 ml (1 t) sout
125 ml (½ k) sagte botter
2 groot eierwittel
45 ml swart sesamsaad
Vulsel
1 x 200 g vars visfilet, soos salm of forel in klein blokkies gesny
60 ml sesamolie 30 ml wit sesamsaad
1 avokado, geskil en in klein blokkies gesny
sap van 1 lemmetjie om oor die avokado te druk
1 rooi ui, geskil en fyn gekap
’n hand vol vars koljander, gekap
500 g growwe sout (rock salt) waarin die horinkies staangemaak kan word
Instructions
1 Voorverhit die oond tot 200 °C. 2 Voer ’n bakplaat met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei, of kry by kombuiswinkels ’n Sil-Pad-mat wat die beste werk. 3 Meng die droë bestanddele. 4 Room die botter tot glad en sag. Klits die eierwitte by die droë bestanddele tot dit goed gemeng is. Meng die botter in derdes by die meelmengsel. Meng deeglik. 5 Sny ’n sirkeltemplaat van 10 cm uit ’n plastiekdeksel of asetaatvel. Smeer die mengsel so dun moontlik op die sirkel. 6 Lig die templaat op en herhaal nog vier keer op die bakpapier. Strooi ’n klompie sesamsaadjies op elkeen. 7 Bak vir 4-6 min. tot net gaar. Haal uit die oond en werk nou vinnig. 8 Draai elke sirkel om ’n vlekvryestaal-horinkie. 9 Sit dit terug in die oond en bak vir nog 10 min. tot goudkleurig. 10 Draai een of twee keer om. Herhaal met die res van die mengsel. 11 Spuit telkens weer die bakpapier met kossproei en gebruik ’n nuwe vel bakpapier sodra die papier te bruin bak.
Vulsel
1 Skep die vis in ’n bakkie. Verhit die sesamolie en -saad in ’n pannetjie en gooi oor die visblokkies. Laat afkoel. 2 Meng solank die avokado, lemmetjiesap, rooi ui en koljander liggies saam. Meng laastens die vis deur en geur met sout. 3 Vul elke horinkie. 4 Druk die horinkies in ’n bed van growwe sout sodat hulle regop staan.