1 Meng die koekmeel, gis en sout saam. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele en voeg die louwarm water bietjie vir bietjie by en meng tot die deeg bymekaarkom. Knie vir sowat 10 min. en laat vir 20 min. op ’n warm plek rys. Knie af en vorm 16 balletjies en bedek met ’n klam lap. Eet weerKrakerige brode
Ingredients
Instructions
2 Voorverhit die oond tot 200 °C en verhit 2 bakplate in die oond. Begin met 2 balletjies deeg. Rol die deeg met ’n rolstok in baie dun lang stroke op ’n skoon meelbestrooide werkvlak tot sowat 5 mm dik uit, of gebruik ’n pastamasjien en rol die deeg tot op stelling 6 uit.
3 Strooi meel op die bakplaat en sit die uitgerolde stukke versigtig op die warm bakplaat. Strooi ’n knypie seesout oor elk en bak vir 10 min. in die voorverhitte oond tot ligbruin. Sit oop op ’n afkoelrak. Rol die volgende deegballetjies uit terwyl die ander bak en herhaal die proses tot al die deeg opgebruik is.
4 Hou in ’n lugdigte houer tot benodig.
Maak die volgende dag vir middagete vinnige pizzas met die oorblywende kraakbrode as ’n basis. Breek die brood in stukkies en sit voor in ’n avokado-en-hoender-slaai.