Genoeg vir 6
• 750 ml (3 k) broodkrummels
• 250 ml (1 k) gesplinterde amandels, gekap
• 250 ml (1 k) pecorinokaas, fyn gerasper
• 60 ml (¼ k) kappertjiesaad, gekap
• 200 g sardiens, oopgevlek en grate verwyder
• 80 ml (1⁄3 k) koekmeel
• 2 eiers, liggies geklits
• 30 ml (2 e) olyfolie
1 Meng die broodkrummels, amandels, pecorino en kappertjiesaad in ’n vlak mengbak.
2 Gooi die meel en eiers in afsonderlike vlak bakkies.
3 Rol die sardiens in die meel en skud die oortollige meel af. Doop dan in die eier en laat die oortollige eier afdrup.
4 Rol die sardiens in die krummelmengsel.
5 Verhit die olie in ’n groot pan oor hoë hitte.
6 Braai die sardiens daarin vir 1-2 min. aan elke kant, of tot goudbruin en gaar.