Voorverhit die oond tot 200 °C. 1 Sit die aartappels op ’n bakplaat en bak vir 1 uur tot sag en gaar.Krakerige aartappels met speserye
Ingredients
Instructions
2 Haal uit en laat afkoel sodat jy hulle kan hanteer. Moenie die oond afskakel nie. Breek die aartappels met jou hande in brokke van sowat 3 cm en sit in dieselfde oondpan.
3 Strooi die uie, knoffel, roosmaryn, tiemie, rissievlokkies, vinkel en komyn oor en gooi die olyfolie oor. Stip plek-plek met botter en meng versigtig deur.
4 Bak vir nog 20-25 min. tot goudbruin en krakerig en die uie begin karamelliseer. Skud die pan 2 keer in die gaarmaaktyd.