kategorieë: Leef gesondGesondheid

Is kougom medisyne?

Xylitol is die versoeter wat meestal in suikervrye kougom gebruik word. Tandartse wêreldwyd is gaande daaroor omdat dit teen tandbederf help. Maar die jongste is dat xylitol ook teen oorinfeksies kan help. ’n Splinternuwe ondersoek deur die Universiteit van Toronto wys dit verminder die voorkoms van oorinfeksies met tot 25% – goeie nuus noudat die verkoueseisoen aanbreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Ses uit elke tien kinders kry voor hul eerste verjaardag oorinfeksie en teen ses het byna alle kinders al oorinfeksie gehad – pynlike infeksies wat met sterk antibiotika soos penisillien behandel moet word. Jy kan die gebruik van onnodige antibiotika systap – of ten minste soms systap – as jou kind kougom met xylitol teen 10 g – 12 g per dag kan kou sodra ’n verkoue begin kop uitsteek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vermoedelik help die kou-aksie die buise van Eustachius oophou sodat die oorvog kan dreineer. Xylitol is ook antibakterieel en keer bakteriële groei, soos ’n antibiotika. Laat jou kind in elk geval xylitol-kougom kou, want dit keer tandbederf met sowat 30%. Soveel ondersoeke bevestig dit dat die Amerikaanse Tandheelkundevereniging in ’n verklaring aanbeveel dat ons kougom en suiglekkers met die versoeters xylitol, sorbitol en mannitol gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy – en jou kinders – moet steeds tande borsel en tandarts toe gaan, maar ’n kougom ná ete by die werk of ná skoolkos is ’n goeie opsie wanneer jy nie kan tande borsel nie. Xylitol keer nie net tandbederf nie. Dit keer dit ook om, soos talle ondersoeke wys, waaronder ’n Japanse een waar tandemalje onder die elektronmikroskoop bekyk is. Dit help deur tandminerale soos kalsium terug in jou tandemalje te sit.

Die beste nuus omtrent xylitol is dat die tandversterkende effek jare lank hou. So wys opvolgondersoeke dat mense drie en selfs vyf jaar na ’n tyd van xylitol-gebruik steeds minder tandbederf het as mense wat nie xylitol gebruik het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gebruik xylitol so

• Gebruik dit op lang termyn

Xylitol werk nie dadelik nie maar ondersoeke wys dat mense wat xylitol gebruik ná sowat drie jaar baie minder gaatjies in hul tande het as mense wat dit nie gebruik nie.

• Gebuik ’n kougom met net xylitol

Die ander suikeralkoholversoeters word wel deur jou mondbakterieë as energiebron gebruik. Hulle lei dus tot die vorming van sure en plaak en uiteindelike tandbederf, hoewel baie minder as wat ander kosse vorm.

• Is dit suurvry?

Kyk na die bestanddeellys van die kougom. Bly weg van kougom met sure (acid) daarin, wat dikwels vir die smaak bygevoeg word. Die sure beskadig jou tandemalje en kanselleer die xylitol-voordele.

• Kou gereeld

Jy het 6-10 g xylitol per dag nodig maar die jongste ondersoeke wys dit is beter om vier of vyf keer deur die dag xylitol-kougom te kou, eerder as om ’n “sterk” kougom met baie xylitol net een keer per dag te kou.

• Soek ’n kougom met baie xylitol

Die supermarksoorte het maar min xylitol in. Die xylitol-soorte is merendeels by gesondheidswinkels beskikbaar. Hoe weet jy hoeveel xylitol daar in ’n kougom is? Hoeveelhede word nie aangedui nie maar die lys bestanddele op die pakkie word van die meeste na die minste gerangskik. Hoe nader xylitol aan die begin staan, hoe meer is daar in die kougom.

• Maak dit jou nagereg

Kou ’n stukkie kougom ná ete.

• Kou lank genoeg

Jou tande vind eers ná tien tot twintig minute se blootstelling aan xylitol baat daarby.

• Kou delikaat

Moenie met te veel impak of heeldag kou nie, want dit verweer jou tandoppervlakke. Kou saggies en so onopsigtelik moontlik. Kou in die openbaar, of met ’n oop mond, is immers nie goeie maniere nie.

• As jy klaar is …

Moenie jou kougom insluk óf die storie sluk dat dit jou derms sal knoop nie. Draai dit toe in ’n papiertjie en gooi weg.

• Honde kou nié

Xylitol kan dodelik vir honde wees. Moenie jou kougom neersit waar ’n hond dit kan bykom nie.

Lees ook: Lekker kosblik-idees

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

4 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

6 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

6 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

6 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

6 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.