kategorieë: InspirasieJou lewe

Kouefront-oorlewingsgids

’n Kouefront het die land getref en daarom het ons vir jou ’n rooi rose-oorlewingsgids saamgestel om die koue dae te oorleef.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Skoonheidsinspirasie

Vir die koue dae wat kom en gaan, het ons wenner-winterwenke sodat jy steeds op jou beste sal lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Naels

Kleurvolle naels maak enige koue dag vroliker. Lees ons artikel oor kleurvolle naelgiere

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vel

• Jy hoef nie die huis te verlaat om jouself te bederf nie. Vertroetel jouself tuis met ons tuisgemaakte wenke

• Sukkel jy met wintershande? Ons het die beste raad hier

• Versorg ook jou vel teen die koue met ons wenke vir wintervelsorghier en hier en hier

Hare

Die koue droog ’n mens se hare uit. Lees ons artikel oor tuisgemaakte haarmaskers

Mode

Soms raak ’n mens verveeld met jou klerekas net voor die somer begin. Hier is ’n paar idees wat jou wintersklerekas sal vars hou.

• Kyk na SA-modeweek se Wintermodes 2017 om jou te inspireer.

• Daag jouself uit om iets kleurvol aan te trek – soos hierdie winter se pienk

• Het jy al jou klerekasstapels? Loer hier na klassieke elemente vir jou winterkas.

• Gebreide rokke is perfek vir koue dae. Ons gee ’n paar wenke wat wys hoe om hierdie klassieke item te dra.

• Ken jy kasjmierwol? Leer meer oor die warmste, sagste wol

Tuis

Koue dae is perfek om jou huis reg te ruk – of om dekorinspirasie te kry.

Buite

Terwyl dit dalk te koud is om tuin te maak, gebruik die kouefront om idees te kry vir jou tuin.

• Het jy ons reeks oor kostuine gemis? Ons gee wenke vir jou sodat jou tuin beide funksioneel en pragtig kan wees.

• Alhoewel sekere dele van die land hierdie jaar heelwat reën gekry het, ondergaan ons steeds ’n droogtetydperk. Leer hier hoe om ’n droogtebestande tuin te maak.

Binne

• Geel is ’n warm en vrolike kleur – en boonop hoogmode! Kyk na ons gunsteling-geelpodukte vir jou huis

• Waneer dit koud is, wil ’n mens net in die bed bly. Kry hier wenke vir ’n gemaklike bed

• Koue weer is sopweer! Loer na ons lysie van beste sop-eetgerei plus ’n paar smullekker sopresepte

Loer by ons aanlynwinkel vir die warmste kopies wat dekor maklik en bekostigbaar sal maak.

Maak iets!

Koue weer is die perfekte tyd om kreatief te raak – in die kombuis of met handwerkprojekte. Hier is ’n paar van ons gunstelinge.

Handwerk

• Een van die groot giere van die jaar is om jou klere te versier. Loer hier na ons wenke

• Hekel is deesdae baie gewild en binneblyweer is die beste geleentheid om jouself te leer hekel. Hier is ’n paar lesse uit ons argiewe

Leer hoe om ’n hondetruitjie te maak sodat woef ook warm kan bly.

• Brei ’n bonkige knobbeltjieskombers wat selfs op koel somersaande goed te pas sal kom.

Resepte

Ons het ons gunstelingresepte gaan soek, van warmsjokolade tot melkkos en romerige risotto en Marokkaanse lamsop Hier is ook heerlike vegetariese resepte, van lensiekerrie tot sampioenlasagne. En as jy steeds idees nodig het, hier is vyftien van ons gunsteling- winterresepte.

Lees

Daar is niks beter as om met ’n boek op te krul op ’n koue dag nie. Geniet ons boek van die maand in die September-uitgawe van rooi rose: Die Wêreld van Charlie Oeng deur Etienne van Heerden.

Is jy op datum met ons huidige vervolgverhaal, Grieta?

Kry ons September-uitgawe wat hierdie week beskikbaar gestel is  – jy sal sommer van die koue vergeet met ons Lente-inspirasie.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

11 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

11 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

12 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

13 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

15 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

15 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.