kategorieë: Leef gesondGesondheid

Koudgetrekte koffie, die geheime raad vir sooibrand

Vir koffiegekkes is dit ’n groot slag as hulle begin om sooibrand van koffie te kry. Maar party mense sweer by koudgetrekte koffie. Hierdie heerlike, geurige fynproewerskoffie gee jou glo minder sooibrand omdat die koudtrek-metode min van die koffie-olies en sure wat sooibrand aanhelp, onttrek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar koudgetrekte koffie is nie maar net koffie gegiet oor ys om dit koud te maak nie. Dit word spesiaal berei. Anders as wat mens dink, is dit nie nodig om kafeïen met kookwater uit die bone te onttrek nie. Kafeïen is wateroplosbaar en sal dus ook in koue water oplos. Dit neem net baie langer as in warm water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Resep vir koudgetrekte koffie

Hier is die bekende sjef, Jamie Oliver, se metode vir 4 koppies koudgetrekte koffie. Dit hou maklik ’n week in die yskas.

  1. Kies ’n Arabica-koffieboon. Dit is minder suur as die Robustabone.
  2. Laat maal dit so grof soos broodkrummels – of maal dit self.
  3. Gooi ’n halwe koppie gemaalde koffie in ’n glasbeker of -bottel wat ’n liter kan hou.
  4. Gooi 4 koppies koue water oor. Gefiltreerde water is nie noodsaaklik nie maar beslis die beste.
  5. Roer goed deur, bedek en laat staan vir 18-24 uur op ’n koel plek. Roer ’n paar keer deur die dag om die moer en water weer te vermeng.
  6. Gebruik ’n tregter en koffiefiltreerpapier en giet deur om die moer te verwyder.
  7. Geniet net so, of met melk en suiker.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Watter kosse veroorsaak jig?

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

6 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

17 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.