Kombuis-beplanning
- Maak seker daar is genoeg werksoppervlaktes en pakplek.
- Beplan waar jy jou vullisdrom gaan plaas. Dit werk beter in ’n kas.
- Gebruik oop rakke en maak breekgoed deel van jou dekor.
- Indien jou yskas beter dae gesien het, bou dit in ’n kas wat ook plek vir die mikrogolfoond bevat.
- Om geld te spaar, kan jy die raamwerk van jou kassies behou en net die deurtjies vervang.
- Sorg vir genoeg natuurlike lig in die vertrek.
Kontakbesonderhede: www.buttermilk.org.za

Die moderne Smeg-yskas skep ’n effense art deco gevoel wat die rustieke kombuis komplimenteer

Hierdie antieke gordyntjie rond die voorkoms perfek af.

Elke item is met die hand uitgekies. Stal dit uit.

Met so kombuisie kan jy die platteland proe.