kategorieë: Tuinmaak

Kostuin deel 9

Die spasie wat hierdie sketsplan benodig, is 4 m x 4 m. As jy mooi kyk, dui die dowwe lyne (sien boonste pyltjie op skets) op die agtergrond die skaal aan, of dan die individuele blokkies van die blokkiespapier, wat jy vir jou legkaart-sketsplan kan gebruik. Die individuele blokkies is .5 m x .5 m.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy kan die tuinsketsplan opknip (sien pyltjie links op die skets) en daarmee rondspeel (sien pyltjie onder op skets). Spasie hier: 1.25 m x 6.5 m.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

As jy nou jou droombord (pinbord) met al die prentjies waarvan jy hou bymekaar het, kan jy begin teken aan jou eie legkaart-blokkies waarop jy jou prentjies implementeer.

Om jou hiermee te help, gaan ons in die volgende paar weke die verskillende dele van ons tuin-legkaartstukkies bespreek en hoe jy te werk kan gaan om jou eie sketsplan aanmekaar te sit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons wys eerstens foto’s wat die inspirasie vir die legkaartblokkies van ons sketsplan was, en gee dan verdere voorstelle van alternatiewe wat jy dan kan ook kan gebruik.

Ten slotte bespreek ons die detail van elke blokkie van al die ander elemente wat in daardie blokkie gebruik kan word om dit in te vul en af te rond.

Hierdie week kom blokkies 1 en 3 op ons sketsplan wat spieëlbeelde van mekaar is, aan die beurt.

’n Vertikale tuin (sien pyltjie regs bo op skets) met kruie wat in ’n laaibord (pallet) gemaak is. As daar nie ’n muur is nie, sit dit op tussen pale. Pietersielie, basilie, tiemie, roket, wilde roket, origanum en selfs blaarslaai (veral die tipe wat nie koppe maak nie), sal goed werk in jou vertikale tuin. Maak jou eie vertikale tuin só: klik hier.

Vertikale-kombuistuin

’n Suurlemoen-espalier: ’n suurlemoenboom wat teen ’n raamwerk groei sodat dit nie so baie plek vat nie. Of plant ’n suur­lemoenboom wat jy so 500 mm van die muur af “plat” snoei.

Suurlemoen-espalier

Jy kan ook ander vrugtebome gebruik en dit espalier. Hier is ’n paar verskillende style van espalier vir sagtevrugtebome:

Aan die voorkant van die espalier op ons sketsplan (heelbo) is roosmaryn (R) met grasuie (chives) rondom die roosmaryn geplant en drie plaveiblokke soos aangedui.

As jy nie kans sien om ’n vertikale tuin te maak nie, plant die kruie wat volgens ons sketsplan in die vertikale tuin sou kom (pietersielie, basilie, tiemie, roket, wilde roket, origanum en blaarslaai) plat op die grond saam met die brandrissies en eiervrug. In die plek van die vertikale tuin kan jy ’n grenadella teen ’n traliewerk laat oprank.

Pak plaveiblokke soos op die sketsplan aangedui en rond af met houtsnippers of klippies.

Volgende keer kyk ons na ander konstruksies om plante in jou kostuin op te lei.

Hier is ander interessante aanwendings van vrugtebome wat ook gebruik kan word om fokuspunte in die tuin te vorm:

• ’n Lae kweper-heining om die tuin op te deel of honde uit die beddings te hou!

• ’n Vrugteboom in ’n kolom – ideaal vir klein spasies, selfs in ’n groot pot of bloot as fokuspunt.

• ’n Opgerankte vyeboom vergemaklik oeswerk, maar dit sou ook byvoorbeeld gebruik kan word vir ’n boom-prieel (‘arbor’) om skadu oor ’n sit-area te maak deur dit bloot hoër op te lei.

Sitrusheinings van koemkwat- en suurlemoenbome wat tot op die grond groei soos enige heining met suurlemoenbome in groot houers – inderdaad idees wat ook in ’n huistuin op kleiner skaal gebruik kan word.

Kry ook Deel 1 tot 8 hier:

Kostuin, deel 1
Kostuin, deel 2
Kostuin, deel 3
Kostuin, deel 4
Kostuin, deel 5
Kostuin, deel 6
Kostuin, deel 7
Kostuin, deel 8

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.