kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 3

Erdwurms kan nie kosafval als verwerk nie. Dit is te ingewikkeld om alewig in die kombuis te sorteer. Om die lewe vir jouself makliker te maak, is dit beter om die proses vir ’n bokasji-kombuisdrom te volg en dan erdwurms te gebruik om die kompos tot humus te verwerk. Humus is nie kompos nie. Dit is kompos wat só fyn afgebreek is dat dit uiteindelik net ’n gronddeeltjie is. Dit is wat erdwurms maak. Om te verwys na erdwurmmis as kompos is eintlik ’n sonde, want dit is die nauur se manier om grond te voed. Jy kan dit op jou eie werf naboots deur erdwurms in jou eie wurmplaas aan te hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Dit is egter ’n tydsame proses en jy gaan nie oornag berge erdwurmafskeidings hê nie. Dit is wel die moeite werd aangesien die humus wat hulle maak lekker fyn en gerieflik is om in die plantgaatjies te gooi waanneer jy saailinge plant.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Al wat jy nodig het om jou eie wurmboerdery te begin, is houers met dreinering sodat jy die vloeistof wat in die proses afloop, kan opvang. ’n Ou bad werk uitstekend. Twee emmers of plastiekkratte wat binne-in mekaar pas werk ook goed. Maak gaatjies in die boonste krat se vloer sodat die vloeistof in die onderste krat kan afloop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Plaas dreineringsklippies op die vloer van die bad of boonste houer en bedek dit met skadunet of landskaplap wat water deurlaat. Plaas baie growwe tuinafval (soos takke) bo-op. Gooi dan geskeurde karton, papier en droë tuinafval soos droë blare bo-op. Daarna volg ’n laag groen tuinafval soos vars snoeisels en onkruid sonder sade en bolletjies. Kombuisafval soos groenteskille, koffiemoer en teesakkies werk goed, maar nie iets met skerp geure soos sitrus, uie en rissies nie. *Dit is hoekom ek die bokasjidrom gebruik en dan bloot die kompos saam met die tuinafval vir die erdwurms voer sodat hulle humus kan maak.

Plaas nou die erdwurms in die wurmplaas – jy kan dit by kwekerye koop. Dit is spesiale erdwurms wat spesifiek kompostering doen. Hulle staan bekend as ‘Red Wiglers’. Bedek dan met nog droë tuinafval of kompos en maak effens klam. Bedek met ’n paar lae karton of skadunet om dit klam te hou. Hou dit altyd op ’n koelerige, maar nie te koue plek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

1 day Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

1 day Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 day Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.