kategorieë: Tuinmaak

Kostuin, deel 2

Daar heers soveel verwarring oor wat mag en wat mag nie in die komposhoop of dan jou lasagnebedding gebruik word nie. Alle nat, vaste afval uit die kombuis, en daarmee bedoel ek álles wat sal afbreek, kan omskep word in die waardevolste natuurlike bemesting vir jou tuin – as jy weet wat jy doen. Daarom gaan ons hierdie week in meer besonderhede kyk na hoe die bokasji-kombuisdrom werk en dan volgende week kyk na hoe ’n wurmboerdery werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat is nat, vaste afval?

• Gebruikte en vuil papier of karton soos gebruikte papierservette, asook boksies en papier van wegneemetes, maar nie polistireen en plastiek nie (want dit breek nie af nie).
• Alle kosafval (gekook of rou), insluitend afval soos sitrusskille en vleis, vis en bene.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die afval moet eers met bokasji in ’n kombuisdrom behandel word. Gebruik ’n klein houertjie met ’n deksel, soos ’n 2l-roomysbak, in die kombuis om jou nat, vaste afval in te gooi. Maak dit in jou bokasji-kombuisdrom leeg wanneer dit vol is en sprinkel een handvol bokasji-poeier daaroor wanneer jy dit in die emmer uitgooi.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sodra die kombuisdrom vol is, moet dit vir minstens ’n week lank staan om die mikro-organismes in die bokasji kans te gee om hulle werk te doen. Die organismes fermenteer die kombuisafval sodat dit nie stink wanneer jy dit in jou komposhoop of lasagna-bedding gebruik nie. Dit sal die ander komposteerbare vaste afval, soos tuinvullis, vinniger laat ontbind. Dit dien sommer dan ook as ’n komposaktiveerder. Jy kan die tuinvullis verder met effektiewe mikro-organismes (kortweg EM) behandel om die proses te bespoedig. Dit is in die handel beskikbaar as Pro-bio Compost Activator of  Earth Probiotic Compost Activator. (Kyk uit vir die aktiewe bestanddeeel EM)

Die enigste goed wat wel NOOIT in jou komposhoop moet kom nie, is onkruide met bolletjies soos uintjieskweek en lewendige kweeklote.

Huiswerk: Maak solank al jou komposteerbare tuinvullis, koerante en papiere bymekaar en begin dadelik met jou eerste bokasji-kombuisdrom.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

54 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.