kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Kostuin, deel 12

Nou kan jy begin met verdere afrondingswerk en aandag gee aan detail soos tuinpaadjies en ander vloerbedekkings om die grond in jou beddings te beskerm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Paadjies

Nadat jy soveel moeite gedoen het met grondvoorbereiding, wil jy nooit as jy dit enigsins kan verhoed daarop loop nie. Jou beddings is nou goed deurlug sodat kosbare water die grond in die bedding binnedring en daar bly, en verder dat die wortels gemaklik in die ongekompakteerde grond kan ontwikkel om dieper te gaan soek na kos en water. Om te voorkom dat jy nie die grond in die beddings kompakteer nie het jy paadjies nodig vir swaar verkeer vir mense wat in die tuin werk en kleiner paadjies sodat jy by die plante in die bedding kan uitkom om daarvan te oes.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hoofpaadjies vir tuinwerkers (met kruiewaens) en besoekers

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit maak sin om die hooftuinpaadjies van soliede materiaal te maak soos lateriet (gebreekte klei en sandsteen-mengsel), of  plaveiblokke.

Platgroeiende tiemie (Thymus ‘Pink Chinz’ of ‘Snow Drift’) werk goed tussen plaveiblokke. Hulle hou van die hitte wat die blokke uitstraal in warm toestande. Boonop het hulle baie min water nodig.

#rooirosewenk

As jy dit oorweeg om los materiaal soos klippies, houtsnippers, skulpies of iets soortgelyk vir paadjies met swaar verkeer te gebruik, is dit raadsaam om landskaplap daaronder te sit sodat dit nie in die grond wegsak nie. Vir die kleiner paadjies binne-in die beddings kan komposteerbare materiaal maar wegsak en help om die grond op te bou, maar klippies, skulpies en ander nie komposteerbare materiaal sou jy graag bo-op die grond wil hou. Gebruik dan ook landskaplap.

Kleiner paadjies om binne die bedding te kom vir oes

My gunstelingvloerbedekker vir die kleiner paadjies tussen beddings bly perskepitte of dan as alternatief houtsnippers omdat dit komposteer en deel word van die grond.

’n Mens het egter nie altyd genoeg takke en stompe uit die tuin om op te snipper vir houtsnippers nie, en bas is baie duur en meestal ook te grof vir die kostuin. Seeskulpies lyk baie mooi of selfs druiwepitte as jy op ’n plaas met ’n wynkelder bly of iemand ken wat een het!

*Baie dankie aan Babylonstoren, Boschendal, Towerbosch Earth Kitchen @ Knorhoek Wyne en Annemé Venter dat ons daar kon foto’s neem.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: tuinekostuin

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.