kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Kostuin, deel 11

Kratte

Verskillende kratte (houers uit herwinde materiaal en staalhouers)

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Vrugtekratte (fruit bins) is gewilde planthouers. Toe ek jare terug by die Cape Town Flower Show ’n hele kostuin saam met ’n span kostuin-entoesiaste uit die township Kayamandi in Stellenbosch gebou het, het die beoordelaars dit goed gedink om vir ons ’n vergulde silwermedalje te gee, maar dit was wel op Elle Decoration se lys van “Top 10 Favourites”!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar, tye het verander en deesdae skryf baie mense oor kostuine. Vrugtekratte is ’n “quick fix” vir verhewe beddings en maak ideale houers vir plant.

Kom ons vat dit verder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit is hoe jy die krat kan inspan: Ons maak ’n komposhoop binne die krat waarop jy kan plant. Plant jou eenjariges in die krat sodat jy die kompos kan oes om elders in jou tuin te gebruik as die eenjariges se tyd verby is. Kyk by Laat jou vullis blom hoe om jou eie lasagna-bedding met tuinvullis en bokasji-kombuisafval te bou. Jy herhaal net die proses met al die lagies komposteerbares totdat die krat heeltemal opgevul is tot bokant die rand (dit sak baie af as kompostering begin), en dan plaas jy die grondlagie en deklaag soos uiteengesit.

Die hout van die vrugtekratte vergaan redelik vinnig. Dit is raadsaam om die houtkratte met waterdigtingsverf uit te verf of dit uit te voer met sterk plastiek soos Gunplast sodat dit langer hou.

Vrugtekratte word al vir ’n geruime tyd as planthouers gebruik, maar omdat dit bepaalde nadele inhou, is daar deesdae allerhande mooi kratte beskikbaar wat nie so maklik verweer nie, en ook gegalvaniseerde staalhouers wat baie mooi is.

Plantbokse uit herwinde materiaal

Urban Boxes. Kyk hier vir meer.

Staalhouers

Rain Queen Corrugated Tanks. Kyk hier vir meer.

Binne-in die kratte wil ons graag hoogte bewerkstellig sodat ons die spasie doeltreffend kan gebruik.

Plantbokse van houtbalke of vrugtekratte kan gebruik word om beddings in te bou, of dit kan bloot plat op die grond wees met beddings wat bloot met pale omlyn word en afgerond met ornamentele gevlegde takstekerms. Spoorwegdwarslêers is altyd gewild vir plantbokse (let op die skulpies vir die paadjie).

Lees hier meer oor verhewe beddings:

How to build a simple raised bed

Raised garden bed ideas

19 Ways to build a raised bed garden

Your simple guide to build a raised garden bed

Alternatiewe

’n Trampolienraam kan op pale monteer word met die pale in kratte geplant wat in ’n vierkant of sirkel rondom die raam gerangskik is. Rankplante soos grenadella kan daaraan opgelei word en ’n sitplek kan in die skaduwee ingerig word.

Pale kan op die hoeke van die krat geplant word om ’n espalier te vorm vir byvoorbeeld kweperbome bolangs en dan kan die groente en kruie onderlangs groei.

Tenkrame maak uitstekende houers om in te plant. Dis die perfekte benutting van spasie aangesien jy teen die kante sowel as bo-op kan plant.

Kom ons gaan voort met die legkaart-blokkies:

Ons hou ook van die suurlemoenboom in die krat en oorweeg ’n baie lae kweperheining rondom die boom binne-in die krat vir optimale benutting van spasie.

Ons legkaartstukkies van ons tuin in kratte of plantbokse lyk nou so.

• Blokkie 1: plantboks met vormgesnoeide roosmaryn in die middel en ’n ry grasuie reg rondom al teen die kant, geplant met eiervrug en rissies op die hoeke.

• Blokkie 2: plantboks met obelisk vir tamaties, pampoene of botterskorsies en bone met beet aan die sonkant en basilie en blaarslaai aan die skadukant.

• Blokkie 3: ’n plantboks met ’n standaard/lolliepop-suurlemoenboom en lae kweperheining rondom. Binne die heining onder die boom is pietersielie en tiemie.

Hierdie ontwerp sal goed werk in ’n langwerpige spasie maar jy sou dit ook in ’n vierkantige spasie kan gebruik met 4 dele van blokkie 1 en 2 afwisselend gerangskik rondom blokkie 3 in die middel. Los net spasies tussen die verskillende plantbokse sodat jy gemaklik daar kan beweeg.

*Baie dankie aan Babylonstoren, Boschendal en Annemé Venter dat ons daar kon foto’s neem.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje
Tags: tuinekostuin

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.