kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Kostuin, deel 10

Jy is seker nou al so angstig met al die kostuin-prentjies op jou droombord (pinbord) dat jy nie kan wag om die legkaart-blokkies te teken, bymekaar te sit en om uiteindelik al die elemente waarvan jy hou in jou tuin in te bou nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Verlede keer het ons gekyk na vertikale tuine en espalier vir blokkies 1 en 3. Lees meer hier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vir blokkies 4, 5, 6 en 7 op ons sketsplan het jy obeliske of ander konstruksies nodig vir die oplei van rankers soos boontjies, ertjies, botterskorsies en pampoene. Ons kyk dan hierdie keer na ander konstruksies om plante in jou kostuin op te lei. Volgende keer gaan ons begin om jou te help met die teken van jou eie legkaart-stukkies en hoe om dit te implementeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Op ons sketsplan het ons van obeliske gebruik gemaak vir die vier identiese blokkies (nommers 4, 5, 6 en 7). Jy kan dit ’n moderne voorkoms gee met netjies geskaafde houtbalke rondom jou beddings en jy kan behandelde houtlatte vir die obelisk gebruik, of growwe houtlatte van indringerplante of latte wat jy in jou tuin uitsnoei vir ’n growwe, meer natuurlike voorkoms. Rond die beddings met gevlegde raamwerke van indringerlatjies af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Daar is talle strukture waarteen jy goed kan oprank, plante mee beskerm of sommer net jou tuin mee versier.

Wingerdlote kan snoeityd rondom ’n raamwerk gevleg word vir ’n struktuur om ertjies op te lei.

Growwe houtlatte is ideaal om vir ’n raamwerk te gebruik waarteen jy boontjies en ertjies kan oplei.

’n Koepel gemaak van indringerlatte is ook ideaal om plante wat omval, soos boerbone (broad beans), te ondersteun.

Strukture kan ook bloot gebruik word om die tuin te versier.

Lae boog-tonneltjies vir ertjies uit repe wat uit jong bamboeslote gesny is.

’n Groot tuinboog-konstruksie uit slap indringerlatte waardeur jy kan loop vir pampoene en botterskorsies lei jou tuin na nuwe hoogtes.

#rooirosewenk

Maak ’n takskerm uit takke wat andersins sou rondlê wanneer jy snoei om die honde uit die beddings te hou.

*Baie dankie aan Babylonstoren, Boschendal en Annemé Venter dat ons foto’s kon neem.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.