Dit is eintlik maklik om ’n ystertekort met kos reg te stel, mits die rede vir jou tekort toegeskryf kan word aan ’n dieet met te min yster.
Kyk net wat alles op die lysie – van gerieflike kitspappe tot elke man se gunsteling bruin-aartappels, asook eiers en pasta vir jou tienerseun wat spiere bou, met oesters vir die verliefdes en lensies en neute vir die vegetariërs en diëters onder ons. Daar is regtig iets wat in elkeen se smaak sal val.
Lys van kosse ryk aan yster
• Ysterverrykte ontbytpap
• Oesters
• Sjokolade
• Kasjoeneute
• Aartappels
• Eiers in enige vorm
• Lewer
• Lensies en kekerertjies (Jy kan dit geblik gebruik. Dit is dus klaar gaar kitskos om as basis vir ‘n sop of ‘n slaai te gebruik.)
• Spinasie (verkieslik gaar, al is dit babaspinasie)
• Geblikte sardiens en tuna
• Spaghetti, pasta
Lees ook
Is jy moeg weens jou lae yster of jou lae vitamien B?
Is jy moeg weens ’n te min yster?
Hoekom jy nie self ysteraanvulling moet doen nie
Tekens van lae ystervlakke
Jy hoef nie net vleis te eet vir vitamien B12 nie!