Koskuier by Lynwood Bridge 4 Desember 2018. Hooffoto: Esther Boersma
Op 4 Desember 2018 het ons ons heel eerste Koskuier aangebied – en wat ’n sukses! Ons het te lekker gekuier en in die vakansieluim gekom by Lynnwood Bridge in Pretoria. Ons het by drie top-restaurante gekuier: Café Beyritz, Stephnie’s, en TriBeCa, asook Tiger’s Milk waar ons drankies gedrink het. Ons het in drie groepe opgedeel waar ons elk ons verskillende geregte by verskillende restaurante geniet het. Nadia Beukes was ons seremoniemeester vir die aand en sy het beslis die aand laat sprankel.
Ons sien baie uit na ons 2019-koskuier!
Foto’s deur Esther Boersma en Hema Patel