Kosbare laaste tyd met Aleit

Kosbare laaste tyd met Aleit
Die nuus van Aleit se afsterwe op Sondag 15 Mei 2022 het skokgolwe deur die land gestuur en medelye het uit alle oorde ingestroom. Die man met die breë glimlag se stem het onverwags oornag stil geword. Hy en sy span het egter ’n week voor sy dood die verfilming voltooi van wat nou die laaste seisoen van Tyd met Aleit sal wees.

Daar is besluit om ter ere van Aleit se vol en vrygewige lewe voort te gaan met die uitsending van die reeks. “Ek glo dit is belangrik om klaar te maak waarmee ons begin het – Aleit sou niks minder van ons verwag het nie. Die laaste tyd met Aleit is ’n geleentheid vir Aleit om vir 13 weke in mense se sitkamers voort te leef,” sê Jorrie van der Walt, ’n vervaardiger van die reeks. Die laaste seisoen word met toestemming van Aleit se naaste familie uitgesaai.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Bekende kykNET-persoonlikheid en troubeplanner Aleit Swanepoel sterf

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ons voel geëerd dat ons deel van dié spesiale produksie kon wees. Aleit was nie net die stigter van die Aleit-groep nie, maar ook die hoeksteen van die onderneming, en daarvoor salueer ons hom,” sê Hans Roosenschoon, ’n vervaardiger van die reeks en deel van The Aleit Group, ’n borg van Die laaste tyd met Aleit, in samewerking met Empty Canvas Productions, a|CREATE en The Aleit Academy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Foto: Verskaf

Die eerste episode van Die laaste tyd met Aleit fokus op Aleit – die ongelooflike mens wat hy was en sy groter-as-lewensgroot-persoonlikheid wat almal op skerm leer ken het. Dié episode bestaan uit onderhoude met kollegas, vriende en die produksiespan.

“Kykers sal Aleit agter die skerms leer ken en ook die impak wat hy op so baie mense se lewe gehad het sien,” vertel Jorrie van der Walt. “Daar is heelwat terugflitse van vorige seisoene, maar ook nuwe materiaal, soos waar Aleit uitgedaag word om sy vrees vir slange te oorkom. Daar is trane, maar ook baie lag in dié episode.”

In die res van Die laaste tyd met Aleit, wat uit 13 episodes bestaan, besoek Aleit ’n verskeidenheid alledaagse mense wat uitdagings in hul leweoorkom het of wat ’n verskil in die wêreld maak.

Daar is inspirerende stories – soos dié van Wynand Kotze wat geweier het dat boelies sy lewe oorneem, en Chris Hadebe wat ’n sprong van werkloosheid tot die hoofrol in ’n rolprent gemaak het. Daar is stories van hoop, soos Elmarie Berry wat haar en haar gesin se laaste R100 gebruik het om pasta te maak en te verkoop, wat uiteindelik  tot haar eie kookboek gelei het.

Kom reis vir oulaas saam met Aleit. Volg hom op van sy mooiste avonture en verwag die onverwagse. Vier ook só ’n formidabele mens se lewe saam met ons – ’n merkwaardige man wat vir altyd in ons harte sal voortleef.

Die laaste tyd met Aleit word vanaf Saterdag 2 Julie 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.
Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

4 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

4 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

7 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

9 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.