Kosallergie – Wat beteken hierdie uitslag? deur Salomé Delport. Hooffoto: iStock/Ulrika
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Jou kind het ’n uitslag. Jy weet dit is waarskynlik urtikaria (huiduitslag of galbulte) en sny nie moontlike “allergiese” kosse uit nie. Die meeste ma’s aanvaar ’n uitslag is ’n sterk en selfs definitiewe teken van allergie. Baie sit dan die kind op ’n dieet sonder melk, eiers … Te dikwels veroorsaak dit dat die kind nie voldoende en belangrike voedingstowwe vir sy brein, skelet en groei inkry nie.
Maar volgens die South African Food Sensitisation and Food Allergy (SAFFA)-ondersoek het minder as drie uit elke honderd Suid-Afrikaanse kinders werklik ’n allergie. Eintlik is allergieë skaars, en ’n onnodige allergiedieet is nutteloos vir jou kind. Dit beteken nie dat ’n uitslag om ander redes nie lastig en/of selfs lewensgevaarlik kan wees nie. Maar ’n mens moet onderskei tussen ’n uitslag weens allergiese ekseem en veral urtikaria of angio-edeem (’n dieper swelling van die vel) sodat jy die regte behandeling kan kies, sê prof. Mike Levin, hoof van Asma en Allergie by Pediatrie aan die Universiteit van Kaapstad.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Wat elke ouer oor allergie en wanvoeding moet weet
As jy na die tabel hieronder kyk, sal jy sien hoe baie die drie van mekaar verskil en hoe elkeen op sy beste gehanteer moet word.
Kinders met ekseem moet van vyf maande af grondboontjiebotter eet. Volgens prof. Levin het ons ’n hele geslag superallergiese kinders “gekweek” met die advies dat kinders tot op 12 en selfs 18 maande moet wegbly van kosse wat dikwels allergieë veroorsaak, soos eiers en grondboontjiebotter. Kinders is inderdaad so lank moontlik weggehou van alle vaste kos – selfs tot op agt maande.
“Ons weet nou dat die liggaam voor tien, twaalf maande ’n eenmalige vensterperiode het waartydens dit die vermoë het om nuwe kosse as ‘vriendelik’ te aanvaar. Kosse wat jou kind later leer ken, is ‘vreemd’, en jou liggaam kan maklik besluit dit is gevaarlik en dit met ’n allergiese reaksie verwerp. Daarom beveel ons nou aan dat kinders van vier maande af aan kos blootgestel word, en dat hulle teen ’n jaar al die kos moet eet wat hulle in hul kulturele verband as volwassenes gaan eet.
Lees ook: Kan mens allergies vir vleis wees?
“Terselfdertyd beveel ons tog aan dat kinders eers ná vyf maande blootgestel word aan die kosse wat bekend is as allergene, soos eiers en grondboontjies.
En let op: ons beveel aan dat veral kinders met ekseem en ’n eierallergie enige tyd ná hul vyfde maand en voor ’n jaar ook grondboontjiebotter inkry.”
Gaan geen kinders vorentoe dan allergies wees nie?
“Ongelukkig nie. Al wat ons met hierdie nuwe benadering sien, is dat baie minder kinders allergies is – wat ’n baie groot pluspunt is.”
*Inligting van die Allergy Foundation of South Africa (AFSA)
Lees ook: Is die langtermyngebruik van antihistamiene veilig?
Net 2,5% van kinders is werklik allergies
– Bron: South African Food sensitisation and Food Allergy (SAFFA)-ondersoek
Lees ook: Is ek regtig allergies vir vlooibyt?
Lees ook: Is dit regtig ’n seekos-allergie?
Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…
Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…
Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…
Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…
Julie: Doen dit in die tuin 1. Snoei rose teen einde Julie of…
Hierdie webwerf gebruik koekies.