Kortribbredie met rooiwyn en sjokolade
Ingredients
- • 50 g botter
- • 30 ml (2 e) olyfolie
- • 3 repies dik spek, in blokkies gesny
- • 2 kort selderyvingers, gekap
- • 16 piekeluitjies, geskil
- 4 knoffelhuisies, gekneus en fyn gekap
- • 1,8 kg beeskortrib
- • 30 ml (2 e) koekmeel
- • 30 ml (2 e) tamatiepasta
- • 750 ml (3 k) rooiwyn
- • 2 lourierblare
- • 2 orego-takkies
- • hand vol pietersielie
- • 500 ml (2 k) goeie bees-vleisaftreksel
- • 6 piment/wonderpeper (all spice)
- • 2 naeltjies
- • 2 kaneelstokkies
- • 5 ml (1 t) komyn
- • 100 g 70% donkersjokolade, gekap
Instructions
1 Verhit die helfte van die botter en olie in ’n groot kastrol oor matige hitte.
2 Voeg die spek, seldery, uie en knoffel by. Braai vir 5-6 min. of tot sag. Haal uit en hou eenkant.
3 Geur die vleis met sout en swartpeper, bedek met die meel en skud oortollige meel af. Braai die vleis in die oorblywende botter en olie in sarsies tot goudkleurig. Voeg die tamatiepasta en rooiwyn by.
4 Bind die lourierblare, orego en pietersielie met kombuistou in ’n bondeltjie saam.
5 Voeg by die vleis saam met die aftreksel, speserye en spekmengsel. Geur met sout en swartpeper. Laat prut vir 2 uur oor lae hitte of tot die vleis sag is.
6 Voeg die sjokolade by en roer net voor opdiening goed deur.
Rooi Rose
Lees Meer
Valentynsoentjies met whisky-karamelsous
10/02/2025
Smelt sjokolade só
07/02/2025
Sjokoladesoentjies met karamelvulsel
06/02/2025