Korslose hamquiches deur Vickie de Beer. Foto: Craig Fraser
Genoeg vir 12 hamquiches.
Bestanddele
- 12 skywe plaasham (country ham) of gypsy-ham
- 100 g kersietamaties, middeldeur gesny
- 100 g (250 ml) gerasperde cheddarkaas
- 2 klein murgpampoentjies, gerasper
- 3 eiers
- 375 ml (1½ k) room
- ’n hand vol pietersielie
- sout en gemaalde swartpeper
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.
- Voer ’n muffinpan met 12 holtes met die hamskywe uit.
- Verdeel die kersietamaties, kaas en murgpampoentjies tussen die muffinholtes.
- Klits die eiers, room en pietersielie saam. Geur met sout en gemaalde swartpeper.
- Verdeel in gelyke dele in al die holtes.
- Bak vir 20-25 min. of tot goudbruin en opgepof. Hou tot 4 dae in die yskas.
Per 100 gram:
- energie 169 kal.
- proteïen 9 g
- vet 15 g
- koolhidrate 2 g
- allergene: suiwel, eier