1 kg ontbeende varkblad, in groot 3 cm-blokke gesny
60 ml gewone jogurt
3 kardemompeule, fyn gemaal en die saadjies behou
10 ml vars gerasperde gemmer
10 ml fyn gekapte knoffel
60 ml gevlokte amandels
30 ml olyfolie
2 uie, fyn gekap
2 lourierblare
2 naeltjies
5 ml paprika
7,5 ml gemaalde komyn
10 ml garam masala
sout
125 ml room
250 ml water
Komkommer-raita
1 Rasper 1 klein komkommer grof.
2 Meng 5 ml gemaalde komynsaad en 250 ml jogurt.
3 Meng die komkommer by saam met ’n klein handjie vol gekapte kruisement en vars koljanderblare.
4 Geur met sout.
Instructions
1 Meng die jogurt, kardemom, gemmer, knoffel en amandels in ’n voedselverwerker tot glad. Hou eenkant. 2 Verhit die olie in ’n groot pan en braai die uie daarin tot sag. Voeg die vleis bietjie vir bietjie by en verbruin alkant. 3 Gooi die lourierblaar en naeltjies by. 4 Voeg die jogurtmengsel by saam met die paprika, komyn, garam masala en geur met sout. 5 Kook vir 10 min. oor lae hitte. 6 Voeg die room en water by, roer deur en prut vir nog 30 min. oor lae hitte tot die vleis sag en gaar is en die sous dik en romerig lyk. 7 Gooi nog water by as die sous te vinnig wegkook.