1 Verhit die olie in ’n groot swaarboomkastrol oor matige hitte. Geur die kortrib met sout en braai in sarsies tot goudkleurig. Skep uit en hou eenkant. 2 Braai die ui vir 3-4 min. of tot goudkleurig en sag. Gooi die knoffel, gemmer, steranys en kaneel by en braai tot geurig. 3 Meng die soja, suiker, asyn, rissiepasta en sesamolie in ’n bakkie en gooi by die uie en speserye in die kastrol by. Braai vir 1-2 min. 4 Sit die vleis terug in die kastrol, bedek met die aftreksel en bring tot kookpunt. Verlaag die temperatuur en laat prut vir 2½ uur of tot die vleis sag is. 5 Meng die mielieblom met ¼ k (60 ml) van die kookvloeistof tot glad. Roer by die bredie om die sous te verdik, laat prut vir nog 10 min. en sit warm voor op die klapperroomrisotto. Strooi die sprietuie, koljander en sesamsaad oor.