kategorieë: Ons menseBekendes

KoppieTeeFontein met Jak de Priester keer terug na kykNET

Van die gaste in die nuwe reeks sluit in die filmmaker Koos Roets, die sangeres Andriëtte Norman, die skreeusnaakse komediant Alfred Adriaan, die skrywer en sanger Koos Kombuis en Neil Sandilands, die Suid-Afrikaanse akteur wat al meer sy merk in Hollywood maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek sien baie uit na die derde reeks,” sê Jak. “Dit vat so rukkie om in die groove van ’n program te kom en ons is beslis nou daar. Een van die belangrikste aspekte van die reeks is die foto’s wat ons uitkrap en wat dan na gesprekke lei. Hierdie foto’s word nie sommer lukraak op die internet opgespoor nie en ons moet ver soek om dit te kry. Veral wanneer dit ’n baie spesiale foto uit die gas se verlede is, gebeur daar iets in hulle gemoed en neem dit die gesprek in ’n sekere rigting.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jak sê dit is vir hom interessant dat die ritueel van tee drink soveel anders is as koffie. “Om tee saam met iemand te drink, is ’n bymekaarkoms, iets wat nie afgejaag kan word nie. Ek het ook die afgelope tyd besef meeste gaste is teedrinkers, dalk juis omdat dit rustiger is. Ek maak ook vir elke gas ’n klein abstrakte kunswerk wat ek gemaak het en dan vir hulle as geskenk gee,” sê Jak.

Hy sien KoppieTeeFontein as ’n ongekompliseerde program. “Dit moet vir die kyker voel of hulle deel van die geselskap is. Ek doen nie juis ure se navorsing nie. Dis net ’n gesprek tussen my en die persoon waar hulle hulle lewens deel. Koos Kombuis het byvoorbeeld oor dinge gepraat waaroor hy nie juis wil praat nie en Neil Sandilands was wonderlik. En dit is presies wat KoppieTeeFontein moet wees. ’n Sielvolle gesprek tussen twee mense met die kykers wat voel asof hulle saam sit.”

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Neil Sandilands – oor sy nuwe album

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

6 hours Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

6 hours Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

9 hours Gelede

Duncan Johnson oor ‘Skemergrond’ se skurk: ‘My waardes verskil hemelsbreed van Beeno s’n’

    In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…

11 hours Gelede

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

3 days Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.